Clinton laat Trump in stof byt, sê 60%
Debat tussen presidentskandidate wys groot verskille
Arrie Rossouw - Donald Trump en sy surrogate het vooraf half gespog dat hy nie nodig het om (soos Hillary Clinton) voor te berei vir die eerste Amerikaanse presidensiële debat nie, en dit het gewys.
“Die Donald” was Maandagaand nie opgewasse teen die gepoleerde, ervare “Lying Hillary” nie. Of dit Trump se momentum van die laaste paar weke gaan stuit, is egter ‘n ander saak.
In die eerste van drie 90 minute lange presidensiële debatte tussen die Republikeinse en Demokratiese kandidate op Long Island, New York, het na skatting meer as 100 miljoen TV-kykers ingeskakel teen die agtergrond van meningspeilings wat kiesersteun vir die twee kandidate min of meer gelyk stel, op 46-45%. Maar daar is nog 51 dae oor voor die verkiesing op 8 November en in die politiek kan nog baie gebeur om die skaal in die een of ander rigting te kantel.
Trump het die debat goed begin deur die groter temas van sy verkiesingsveldtog uit te lig – Amerika se ekonomie is in ‘n gemors, die land is onveilig, die internasionale handelsooreenkomste is ‘n mislukking, en Clinton het nie die stamina om die land te lei nie. Hy het daarin geslaag om meer “presidensieel” te wees as gedurende sy omstrede verkiesingsveldtog die afgelope 15 maande, ondanks die feit dat hy aanhoudend hardop gesnuif het.
TRUMP TRAP IN SLAGGAT
Maar in die 20ste minuut toe Clinton hom oor sy sakebelange en -praktyke begin peper, het Trump ongemaklik geraak en in die lokval gestap wat die Clinton-kamp vir hom gestel het. Clinton het die aanklagte teen sy bankrotsake opgestapel en hom verkwalik dat hy nie sy belastingopgawes bekend wil maak nie, waarskynlik omdat dit sal bevestig dat hy geen belasting betaal nie. Plaas daarvan om dit te ontken, het Trump geargumenteer dat dit ‘n goeie strategie was (om nie belasting te betaal nie), want die Obama-regering sou sy belasting ook vermors het op al die administrasie se rampspoedige beleidsrigtings.
Ook oor die “birther”-saga, met Trump wat jare lank voortgegaan het met die suggestie dat pres. Barack Obama nie in Amerika gebore is nie, selfs vyf jaar nadat Obama sy geboortesertifikaat bekend gemaak het, het hy weer eens in die slaggat getrap om te beweer dat Clinton die saak die eerste keer in 2008 in haar verkiesingsveldtog gebruik het.
Ondanks die feit dat dit jare gelede al onwaar bewys is, en hy self twee weke gelede erken het dat Obama wel hier gebore is, kon hy homself nie Maandagaand sover bring om die president om verskoning te vra vir die jarelange smeerveldtog nie. Daarmee sou hy nie die guns wen van die oorgrote meerderheid swart Amerikaners wat baie kwaad is oor die smeerveldtog nie en wie se steun Trump baie nodig het om die verkiesing te wen.
In die tweede helfte van die debat het dinge vining agteruitgegaan vir die Republikeine met Clinton wat by haar voorafbepaalde debatspunte gebly het en op byna elke vraag van die moderator, Lester Holt, daarin geslaag het om die fokus op Trump en sy tekortkominge te plaas. Teen die einde van die debat was dit maar weer die ou, lawaaierige Trump wat kiesers die afgelope 15 maande leer ken het.
BLITSPEILING
‘n Blitspeiling deur CNN ná die debat het bevestig dat byna 60% van die kykers gedink het Clinton het gewen en is meer geskik om president te wees, teenoor sowat 27% wat gedink het Trump het gewen. In ‘n onwetenskaplik saamgestelde CNN-groep van sogenaamde draadsitters, het 18 van die 20 mense gemeen die debat het hulle ten gunste van Clinton geswaai.
Dit is die kieserkategorie waarop Clinton gefokus het, want dit is die kiesers wat geneig is om vir die derde presidenstkandidaat, die Libertyn Gary Johnson, te wil stem. Sy het ook gefokus op die Republikeinse vroue wat nie van Trump hou nie. Die feit dat Trump Clinton 51 keer in die rede geval het, het ook baie vroue se wenkbroue laat lig. Clinton het haar nie daardeur van koers af laat bring nie.
Oor sy aanklag teen haar dat sy nie stamina het om president te wees nie, het sy teruggekap dat sy bewys het dat sy bevoeg is en uithouvermoë het ná 112 buitelandse reise as sekretaris van buitelandse sake en elf ure van indringende ondervraging in die Kongres oor haar e-pos-sake.
Hoewel Trump waarskynlik nie steun onder sy volgelinge sou verloor weens sy swak vertoning nie, is dit onwaarskynlik dat hy steun onder die mindersheidsgroepe sal wen na Maandagaand se optrede. Die afgelope twee presidentsverkiesings het getoon dat geen kandidaat kan wen sonder die steun van swart en Spaanssprekende Amerikaners nie. Trump het nog geen duik in daardie twee kampe gemaak nie.
Maandagaand het die sosiale media opgeflikker oor Trump se snuifery. Party het gevra of Trump longonsteking het (na aanleiding van Clinton se flouvallery twee weke gelede). Ander het gewonder of hy dwelms of opkikkers geneem het.
Waarnemers was dit grootliks eens dat Clinton waarskynlik daarin sal slaag om Trump se momentum voor die volgende debat op 9 Oktober te stuit. Maar baie water moet nog in die see loop. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie