//Hoeseb sê oor //Kharas se onderwys
/Awebahe J. //Hoeseb, direkteur van onderwys vir die //Kharas-streek, skryf:
Dit is ''n groot jammerte dat die sogenaamde Oud-opvoeder so oop en bloot sy haat en nyd teenoor my toon met ongegronde, persoonlike aanvalle wat hy teen my des persoons loods, en dit bloot omdat ek nie na sy pype gedans het nie en ''n projek wat onvanpas was wat hy wou aangepak het vir sy persoonlike, finansiële gewin afgeskiet het.
Alhoewel ek saamstem met Elizabeth Kenny wat reken “He who angers you conquers you”, is ek egter nie van plan om te swyg en hom toe te laat om my karakter te skend sonder om my kant van die saak soos volg te stel nie:
STREEKSFORUM
''n Streekonderwysforum word nie deur ''n streeksdirekteur van onderwys, kuns en kultuur aangestel nie, maar wel deur die agbare minister van onderwys, kuns en kultuur. Onwilligheid aan die kant van die onderskeie liggame wat op daardie platform verteenwoordig moet word om ooreen te stem oor die benoeming van ''n kandidaat strem die samestelling van hierdie liggaam. Voorts is sommige individue traag om hul CV''s te verskaf, en is sommige instansies nalatig asook traag en word benoemings nie op skrif gedoen nie. Dit is dus nie as gevolg van my toedoen of onbevoegdheid dat die lede van die Streeksonderwysforum nog nie tot op hede aangestel is nie.
Dit is ''n jammerte dat die skrywer suinig is met die waarheid, en beweer dat die stelsel nie deursigtig is nie en dat die gemeenskap nie ''n aandeel het aan onderwys in die streek nie. Al die skole het aktiewe skoolrade wat funksioneer, en hulle lewer bydraes deur deelname aan die opstel van skole se begrotings, asook die aanstelling, verplasing en bevordering van personeellede.
BETROKKENHEID VAN DIE GEMEENSKAP EN OPLEIDING
Daar is al twee onderwyskonferensies en een konferensie vir leerkragte gehou, asook ''n konferensie vir belanghebbendes in onderwys, wat die skrywer verseg het om by te woon.
Waardevolle insette wat tydens daardie konferensies gelewer is, maak deel uit van aktiwiteite wat aangepak is om die kwaliteit van onderrig, onderwysbestuur en dienslewering te verbeter.
Dit is ''n infame leuen dat skole sonder toesig van my kantoor opereer, want vakadviseurs en inspekteurs van onderwys besoek skole gereeld, en skoolhoofde, departementshoofde en onderwysers word touwys gemaak oor skoolbestuur, klasbestuur, onderrrigmetodes, lesaanbieding en evaluering, asook puntetoekenning, in lyn met die National Standards and Performance Indicators (NSPI). Daar is geskrewe versoeke vanaf skole vir sulke ondersteuning en verslae wat ingedien word na afloop van sulke besoeke wat as bewys kan dien vir sulke insette wat gelewer word. Verskeie opvolgaksies is geloods na gelang van aanbevelings in die verslae.
Skoolhoofde, departementshoofde en onderwysers is ook na verskeie indiensopleidingswerkswinkels genooi vir opknapping in die areas waarin hulle sodanige hulp benodig het, by tye nadat hulle self daardie behoefte aangedui het, of na besoeke aan skole deur vakadviseurs en inspekteurs van onderwys dit uitgewys het.
Effektiewe dienste word aan die personeel verskaf, want vakante poste word betyds gevul, en staatsamptenare wat verbonde is aan hierdie streekskantoor ontvang hul salarisse betyds. Diegene wat afgetree het se verlofgelde word ook aangevra vanaf die hoofkantoor en baie kan getuig dat die enkele gevalle wanneer ''n voormalige werknemer nie sy of haar gelde binne ''n maand of twee na aftrede ontvang het nie, die onmiddellike aandag van die streeksdirekteur geniet vir die oplossing van enige oponthoud wat die uitbetaling van sulke fondse sou verhoed.
Daar was, en is, en sal glad nie ''n geval wees dat ek as streeksdirekteur vir een volle week of twee agtereenvolgende weke afwesig is vanaf die streekskantoor nie, wat daartoe kan lei dat administratiewe pligte waaraan ek moet aandag skenk agterweë gelaat is nie. Ek sorg altyd dat iemand in ''n waarnemende hoedanigheid die kantoor namens my beman, en die amptelike take uitvoer in oorleg met my, want ek is beskikbaar ten alle tye 24/7.
Skole se behoeftes word gekanaliseer deur die kantore van inspekteurs van onderwys en die adjunkdirekteur van onderwys, en ek dra nie kennis van enige skool se versoek waaraan daar glad nie aandag geskenk is nie.
SAMEWERKING MET DIE NOORD-KAAP
Die samewerkingsooreekoms tussen die //Kharasstreek se owerheid en die Noord-Kaapse provinsiale owerheid het al verskeie, besonders merkwaardige vrugte afgewerp, byvoorbeeld:
• Skoolhoofde, departementshoofde asook onderwysers is opgelei in die gebruik van "interactive whiteboards" met die hulp en bystand van kollegas van die Noord-Kaapse Provinsie sonder enige vergoedingseise. Baie van daardie kollegas gebruik skootrekenaars vir die inwin van bykomende inligting vir lesvoorbereiding en lesaanbieding, en ek is ingelig deur die leerkragte dat die opleiding die moeite en fondse wat daarop bestee is, uit en uit werd is.
• Die meeste van die nuutaangestelde inspekteurs van onderwys, skoolhoofde asook afrigters van verskeie sportkodes het volgens vrywillige terugvoering wat hulle verskaf het na afloop van werkswinkels waaraan hulle deelgeneem het, aangedui dat hulle kennis verbreed is; dat hulle die nuutgevonde vaardighede al aanwend in die uitvoering van hul pligte, en dat hulle al positiewe veranderings kon waarneem in die uitvoering van hul pligte.
• Kulturele groepe wat oorgrens gaan optree het, asook die atletiekspan wat in die Noord-Kaap Provinsie meegeding het met hulle eweknieë, het ook baie baat gevind, en daar is ''n hele reeks oorgrens-aktiwiteite van soortgelyke aard beplan vir die 2017 skooljaar.
• Die //Kharasstreek is genader deur die Noord-Kaapse Provinsie om taalkundiges te verskaf wat bystand kan verleen ter verwesenliking van die droom om Nama-taal as onderrigmedium en taalvak te implementeer in hul skole in die nabye toekoms.
Die detail rakende die strategieë wat gevolg sal word, gaan uitgewerk word tydens ''n Inheemse Taalindaba wat voorafgegaan sal word deur gesprekke met die gemeenskappe van Nama-herkoms op Riemvasmaak op 8 Desember 2016 en op Kuboes op 10 Desember 2016.
Einde ten laaste weet ek nie hoe dit moontlik kan wees dat my doen en late as staatsamptenaar wat dienste aan die publiek lewer, onvoorspelbaar kan wees nie, want my pligstaat is nie ''n goedbewaarde geheim nie. Dus kan ek ook nie aan enige ondersoekspan voorskryf op watter areas daar gelet moet word, al dan nie.
REISE
Ten slotte wil ek net noem dat ek verskeie begrafnisse van staatsamptenare wat verbonde was aan hierdie streek bygewoon het op eie onkoste, en dat ek eers op 10 November 2016 en 11 November 2016 by Tsau||khaeb Sekondêre Skool en Hoeksteen Primêre Skool op Rosh Pinah, sowel as Aussenkehr Primêre Skool in Aussenkehr amptelike werkspligte uitgevoer het, en toe daarna eers na Karasburg gereis het om die begrafnis van die ontslape skoolhoof op Saterdag 12 November 2016 in Karasburg by te woon. Soos dit ''n pligsgetroue staatsamptenaar betaam, het ek daar gesprekke gevoer met belanghebbendes in onderwys, en ''n erediens op Sondag 13 November 2016 bygewoon.
(Verwysings na die anonieme briefskrywer waarop die streeksdirekteur as staatsamptenaar en leser in hierdie skrywe reageer, is nie noodwendig verwysings na die oorspronklike skrywer nie. Die brief word op versoek van die direkteur nogtans verbatim geplaas.
- Redakteur)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie