'Su00ea vir ons oor Air Nam se geldsakeu2019
'Su00ea vir ons oor Air Nam se geldsakeu2019

'Sê vir ons oor Air Nam se geldsake’

Groot ongelukkigheid heers oor salarisverminderings by Air Namibia.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Werknemers van Air Namibia wat gister net 50% van hul maandelikse salaris ontvang het om só die benarde kontantvloei te beredder, wil weet hoe die redery oor die volgende drie tot ses maande bestuur gaan word om ‘n inkomste te genereer.

Sowat 60 werknemers het oor die etensuur gister voor die nasionale redery se hoofkantoor in Windhoek teen die besluit oor salarisvermindering betoog. Hulle sê daar is nie breedvoerig oor die kwessie met die betrokke werkersunies gekonsulteer nie.

Hulle eis dat die nuwe tussentydse hoof uitvoerende beampte, mnr. Theo Mberirua, deur iemand binne Air Namibia wat kennis van die lugvaartbedryf het, vervang word.

Mberirua, wat ‘n bewese bestuursagtergrond het, is sowat twee maande gelede deur die direksie aangestel om die bankrot redery te bestuur tyd en wyl die regering ‘n besluit oor die toekoms van Air Namibia neem.

Republikein is in besit van die geïntegreerde strategiese sakeplan wat intussen deur Mberirua en sy uitvoerende bestuurders aan die regering voorgelê is. Die plan is reeds voor die pandemie opgestel, maar moes aangepas word om die verwoestende impak van die Covid-19-pandemie in berekening te bring.

Daarvolgens kan die redery binne vyf jaar winsgewend wees, maar die regering moet vir die skuldlas pa staan om die redery solvent te kry. Dit kan die land tussen N$8 en N$9 miljard kos, is vroeër berig.

Die Namibië Nasionale Vervoer- en Verwante Werkersunie (Natua) het gister namens die werknemers in ‘n verklaring aangevoer hulle het reeds die afgelope vier maande hulle verlofdae prysgegee om vir die redery N$16 miljoen te spaar.

Natau voer aan Air Namibia het in Mei vanjaar ‘n ooreenkoms in dié verband met werknemers gesluit en gesê salarisse sal nie verminder word nie.

Die werkersunie wil weet wat het die bestuur opgeoffer om die redery te red.

Die salarisvermindering is net op werknemers van toepassing wat die afgelope maande tuis deurgebring het omdat daar weens die inperkings nie vlugte was en hulle nie kon werk nie.

Bestuurslede wat deurgaans gewerk het, se salarisse is nie verminder nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!