10 dood in skoolskietery in Brasilië
Twee voormalige leerlinge van 'n skool in Brasilië het minstens agt mense doodgeskiet voordat hulle hul eie lewe geneem het.
Die polisie in Brasilië het Guilherme Taucci Monteiro (17) en Luiz Henrique de Castro (25) as die twee skieters geïdentifiseer.
Hulle het Monteiro se oom, wat 'n motorverhuringsagentskap besit, heel eerste doodgeskiet en 'n motor by sy agentskap gesteel, waarna hulle na die Raul Brasil-skool in Suzano, 'n voorstad aan die ooste van São Paulo, is.
Hulle het minstens vyf tieners en twee personeellede by die skool doodgeskiet voordat hulle hulself om die lewe gebring het.
Die polisie sê minstens tien mense, waaronder leerlinge, is in die skietery beseer.
Beeldmateriaal wys hoe leerlinge oor die skoolmuur spring en in die pad afnael om weg te kom terwyl hulle om hulp skree.
Die motief vir die skietery is steeds onbekend. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie