10 sterf nadat tiener studente afmaai
Die 17-jarige Dimitrios Pagourtzis, wat Vrydag tien mense by die Santa Fe-hoërskool in Texas in die VSA doodgeskiet het, het sy pa se vuurwapens gebruik om sy slagoffers af te maai.
Die dodetal het Saterdagoggend op 10 gestaan.
Time berig Pagourtzis het ’n haelgeweer en ’n .38-rewolwer in die dodelike skoolskietery gebruik. Volgens CNN is pypbomme en drukkokers ook op die toneel gevind.
Pagourtzis het minstens tien ander mense gewond. Die meeste van sy slagoffers was leerlinge.
Pagourtzis is in hegtenis geneem en nog ’n persoon word volgens CBS News in verband met die voorval ondervra.
Pres. Donald Trump het die voorval, die derde binne ’n week en die 22ste in die VSA sedert begin vanjaar, as “afgryslik” bestempel.
“Die regering sal alles in ons vermoë doen om ons leerlinge te beskerm, skole te beveilig en om wapens uit die hande van mense te hou wat ’n bedreiging vir hulself en andere inhou,” sê hy in ’n verklaring. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie