102 jaar se herinneringe tot niet
Sondag kom die boodskap deur; Potchefstroom se treinstasie het oornag afgebrand. Hulle vermoed brandstigting, maar kon dit nog nie bevestig nie.
Die brandweer is ontbied, maar toe die span daar aankom, was dit reeds te laat. Die vlamme het die hele gebou verswelg. Wat oorgebly het, is net 'n dop van 'n eens mooi gebou.
Iets binne my pyn. As oud-Puk het 'n stukkie van my langer as 'n dekade terug daar agtergebly. Dis asof iets wat deel van my lewe was net weggeruk is. Vir die gemeenskap is dit 'n groter verlies.
Vir 'n groot meerderheid van die Puk-alumni, 'n opgewonde paartjie wat pas verloof geraak het en 'n bruid in 'n mooi wit rok, was die treinstasie die agtergrond van vele fotosessies.
Ek het nie sulke foto's nie. My herinnering van die treinstasie is veel anders. Dit was 'n opgewonde Ouma Kaap wat lank gelede haar kleindogter gebel het om haar mee te deel hulle kom vir my gradeplegtigheid. Ek wou nog reël dat my tannie hulle in Johannesburg oplaai, maar ouma het my in die rede geval. "Landa, ons kom met die trein. Van die Kaap tot in Potchefstroom." Daar was 'n opgewondenheid in haar stem; asof sy lank vir die perfekte geleentheid gewag het en hier is dit nou.
'n Paar weke later toe begin my ouma en oupa se 28 uur avontuur op 'n trein. Ek het opgewonde aan die ander kant gewag. Die trein was laat en ouma was 'n dekade gelede nie so flink met 'n SMS stuur soos nou nie. Toe wag ons maar op die stasie tot die trein stop.
Ons het vir ure geluister na al die dinge wat hulle gesien het. Iets wat jy nie met 'n motor of vliegtuig sal kan ervaar nie. Ek deel my ouma se sentiment oor treinry. Dit was juis met 'n trein wat ek en my vriendin tussen die dorpe en stede, Italië kon verken.
Volgens plaaslike media in Potchefstroom is die eerste spoorweë in 1897 gebou en het geloop van die universiteit tot in Klerksdorp. Die stasie self is eers in 1910 gebou, maar is later gesloop om die styl na 'n Kaaps Hollandse-steengebou te verander.
Hoewel dit nog nie bevestig is nie, is brandstigting 'n algemene probleem in die buurland. In Junie vanjaar is die Bloemfontein-treinstasie ook in vlamme gehul. Die skade het sowat R90 miljoen beloop.
Ons mag dalk nie verstaan hoekom ander dit nodig vind om goed te vernietig nie. Dalk is daar nie vir hulle waarde in oudhede of geskiedenis nie. Dalk glo hulle die regering gaan op dié manier na hulle frustrasies luister.
So hou maar vas aan mooi plekke se herinneringe. Neem nog 'n foto. Môre is dit dalk net as.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie