12 klopjagte kos kommissie R58 m.
12 klopjagte kos kommissie R58 m.

12 klopjagte kos kommissie R58 m.

Karin Eloff
Francois Williams – Die Mededingingskommissie het sedert April 2015 al 12 klopjagte uitgevoer in sy stryd teen kartelle en ander teenmededingende gedrag om inligting in te samel.

Die klopjagte het die kommissie byna R58 miljoen gekos, blyk uit ’n skriftelike antwoord van Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, op ’n parlementêre vraag deur dr. Michael Cardo, DA-parlementslid.

Die kommissie gebruik sedert 2015 vyf verskillende forensiese diensverskaffers om die klopjagte namens hom uit te voer. Dit is:

· Century Technical Solutions

· Exactech

· Matlama Consulting

· eCybersystems; en

· Itsamaya Consulting.

Volgens Patel is Century Technical Solutions en Exactech steeds die kommissie se voorkeur-diensverskaffers danksy hul kundigheid, maar die ander diensverskaffers werk daaraan om hul vermoëns uit te bou.

Century Technical Solutions was sedert April 2015 betrokke by al 12 die klopjagte wat die kommissie uitgevoer het, en Exactech was by 11 van die 12 betrokke.

Van die 12 klopjagte is drie sake na die Mededingingstribunaal vir vervolging verwys. Een van die groot klopjagte was op meubelvervoermaatskappye in September 2015 en dit het die kommissie R5,13 miljoen gekos. Tot 25 van die 30 meubelvervoerders wat ondersoek is, het reeds met die kommissie geskik deur skikkingsbedrae van R15 miljoen te betaal.

Volgens Patel het die kommissie danksy klopjagte om kartelbedrywighede te bestry sedert 2008 al R463 miljoen se boetes en skikkingsbetalings ingevorder.

Hy verduidelik die klopjagte is ’n belangrike deel van die kommissie se insameling van inligting oor prysvasstelling, tenderbedrog en kartelbedrywighede.

“Dit is ’n hoogs gespesialiseerde aktiwiteit en vertroue in ’n diensverskaffer is deurslaggewend.

“Bewese kundigheid is nodig want die bewyse wat in die klopjagte ingesamel word, kan in die hof uitgedaag word.”

Die duurste klopjag vir die kommissie die afgelope jare was die een in Augustus 2017 op Automatic Sprinkler Inspection Bureau en sy lede. Dit was deur vier verskillende forensiese ondersoekers uitgevoer en het die kommissie net meer as R12,37 miljoen uit die sak gejaag.

’n Klopjag op voerkraalondernemings in Junie 2017 het R11,5 miljoen gekos, en die klopjag op verskillende varsproduktemark-agente op munisipale markte in Maart 2017 het R8,9 miljoen gekos. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!