125 kinders glimlag weer
Die Nampharm-stigting het danksy suksesvolle operasies 125 kinders se gesplete lippe en verhemeltes herstel. ‘n Verdere 38 kinders sal vanjaar nog operasies hiervoor ondergaan. Die operasies, wat sedert 2009 uitgevoer word, het tot dusver N$3,1 miljoen gekos teen geen koste vir die kinders se families nie. Standard Bank het tydens die stigting se 10de bestaansjaarvieringe N$200 000 vir verdere operasies geskenk. Volgens die bank se woordvoerder, mnr. Isack Hamata, kan kinders wat nie herstellende operasies ontvang nie gehoor-, spraak- en eetuitdagings ervaar, en ook angs en depressie ontwikkel. Dié kinders sukkel ook dikwels om by skool- en sosiale omgewings in te skakel.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie