13 Franse soldate sterf 'vir Mali, vir vryheid'
Verskeie soldate is dood toe 'n Tiger-aanvalshelikopter en 'n Cougar-veeldoelige helikopter in mekaar vasgevlieg het.
Dis ’n ongeluk wat die verlies aan lewens beklemtoon van Frankryk se betrokkenheid by pogings om terroriste uit die Sahel-streek van Wes-Afrika, wat net onder die Sahara-woestyn geleë is, te dryf.
Altesaam 13 Franse soldate is Maandagaand in ’n ongeluk dood toe ’n Tiger-aanvalshelikopter en ’n Cougar- veeldoelige helikopter in mekaar vasgevlieg het.
“Daar was twee ontploffings en die helikopters het nie ver van mekaar af nie die grond getref. Niemand aan boord het oorleef nie,” het genl. Francois Lecointre, stafhoof van die leër, op ’n nuuskonferense gesê.
Soldate op die grond was vir dae lank op die spoor van ’n groep militante, en dit het uitgeloop op ’n konfrontasie Maandagaand.
Met sonsondergang het die koeëls begin vlieg en lugversterkings is ingeroep. Emmanuel Macron, president van Frankryk, het sy “diepste hartseer” uitgespreek met die verlies en gesê sy regering gaan nie terugtree in die stryd teen terrorisme nie.
Frankryk, die voormalige koloniale mag in die streek, is sedert 2013 hier betrokke by teenterreur-operasies. Daar is tans 4 500 Franse troepe ontplooi, en in totaal het 38 Franse soldate reeds omgekom in teenterreur-gevegte. Soos vroeër berig, is tien vredesvegters van die VN in Januarie vanjaar in Mali dood in ’n geveg met militante. Die stryd het ook reeds die lewe van duisende burgerlikes en plaaslike soldate geëis. In die laaste twee maande alleen is meer as 100 plaaslike soldate dood. Ibrahim Boubacar Keita, president van Mali, het sy medelye in ’n boodskap aan Macron oorgedra.
“Hulle het vir Mali gesterf, hulle het vir Sahel gesterf, hulle het vir vryheid gesterf.” – Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie