177 nuwe gevalle, nog drie sterftes
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê nog drie Covid-19-verwante sterftes is aangemeld wat die totaal op 22 te staan bring. Volgens Shangula is een in Windhoek, een in Swakopmund en een in Walvisbaai. Die sterfte in Swakopmund is 'n 64-jarige vrou wat verskeie onderliggende toestande gehad het. Die sterfte in Walvisbaai is 'n 40-jarige man wat geen onderliggende toestande gehad het nie en wat in die staatshospitaal op die dorp oorlede is. Die sterfte in Windhoek is 'n 70-jarige vrou wat geen onderliggende mediese toestande gehad het nie en wat by haar huis gesterf het.
Shangula het ook 177 nuwe gevalle aangekondig wat die totaal bevestigde gevalle vir die land op 3 406 te staan bring. Uit die 177 nuwe gevalle is 77 in Walvisbaai, 18 in Swakopmund, twee in Usakos, 67 in Windhoek, agt in Oshakati, twee in Mariental, een in Rehoboth en twee in Onandjokwe. Uit die 177 is 102 mans en 75 vroue. Die jongste geval is een jaar oud en die oudste 82 jaar oud.
Volgens Shangula het nog 120 mense ten volle herstel en wel 89 van Walvisbaai en 31 in Windhoek. Dit bring die totaal op 835 te staan.
Die aktiewe gevalle in die land staan tans op 2 549 en die aantal aktiewe kontakte op 4 164. Tot op hede is 36 743 weefselmonsters getoets en is 1 665 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie