2 renosters van SA dood in Tsjad
Cara-Lee Dorfling
Twee van die ses swartrenosters wat in Mei van die Oos-Kaap na Tsjad vervoer is om die spesie vir die eerste keer in 46 jaar daar te hervestig, is dood aangetref.
Die Suid-Afrikaanse regering, asook Tsjad, Sanparke en African Parks het Sondag in 'n gesamentlike verklaring bevestig die karkasse van 'n renosterbul en renosterkoei is die verlede Maandag binne die Zakouma Nasionale Park aangetref.
“Ons kan bevestig die twee renosters is nie gestroop nie, maar die oorsaak van hul dood is nog onbekend,” lui die verklaring. 'n Spesialisveearts besoek tans Zakouma om 'n nadoodse ondersoek te hou.
Die ander vier renosters is nog lewendig en word voordurend dopgehou.
Die groep van ses swart renosters is in Januarie vanuit die Marakele Nasionale Park in Limpopo na die Addo-olifantpark, sowat 70 km buite Port Elizabeth, vervoer. Die renosters is in Addo aangehou totdat hulle op 4 Mei verdoof is vir die 15 ure lange vlug na Zakouma.
VERKLARING
Vir twee maande lank is die renosters ná hul aankoms in Tsjad in bomas aangehou, voor hulle vir nog twee maande in 'n tydelike bewaringsgebied vrygelaat is.
Die heining van die bewaringsgebied is in Augustus laat sak en die renosters was vry om die park te verken.
Luidens die verklaring word samesprekings tussen die betrokke rolspelers gehou om voorsorgmaatreëls te neem om 'n soortgelyke voorval met die oorblywende vier diere te vermy.
Tsjad was voorheen die tuiste van swartrenosters en witrenosters, maar weens stroping is die laaste renoster in 1972 in Zakouma gesien. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie