20 Jaar Gelede
Maandag 16 Februarie 1998
- Die verkiesingsveldtogte van die belangrikste partye wat vandag by die stembus setels in die plaaslike verkiesings opeis, is die afgelope naweek afgesluit met ’n nasionale beroep op alle stemgeregtigdes om in die belang van die demokrasie hul kruisies te gaan trek.
- Air Namibia en die Duitse lugredery, LTU, het vroeër vanoggend ’n belangwekkende samewerkingsooreenkoms in München aangekondig waardeur Windhoek ontwikkel gaan word as die spilpunt vir lugverkeer in suidelike Afrika.
- ’n Blote vermorsing van geld en tyd of ’n treetjie nader aan die waarheid? Dit is die vraag wat allerweë gevra word ná die tweede geregtelike ondersoek na die sluipmoord op adv. Anton Lubowski in 1989 Vrydag in Windhoek ten einde geloop het.
Dinsdag 17 Februarie 1998
- ’n Daling van tot 30 persent in die stempersentasie vir die munisipale verkiesings is die som van kiesersweerstand wat vanoggend die Namibiese deelnemende demokrasie kan tref.
- Hy is wel hartseer, maar verder gaan dit goed met mnr. Hannes Smit, redakteur van die Observer.
- Dit was soete wraak vir die nasionale sokkerspan van Suid-Afrika toe hy gisteraand in Bobo Dioulasso sy eweknie van Namibië met 4 – 1 verslaan het ná ’n 4 – 0 voorsprong met rustyd.
Woensdag 18 Februarie 1998
- Die wegblystem en die gepaardgaande grootste verlies van steun aan politieke opposisie sedert 1989 is vanoggend Swapo se politieke waterskeiding.
- Laekoste-behuisingsprojekte in Namibië is in ’n skenkerswurggreep met minstens N$30 miljoen wat voorlopig deur die KfW, die Kredietbank vir Ontwikkeling, op die lange baan geskuif is.
- Die finale aanloop tot die volskaalse ontwikkeling van ’n nuwe sinkmyn in die diamant-Sperrgebiet met ’n ontginbare bron van een miljoen ton suiwer sink, het gister afgeskop met openbare vergaderings as deel van ’n omgewingsimpakstudie.
Donderdag 19 Februarie 1998
- Namibië het die eerste land in Afrika geword waar die politieke opposisie sy regmatige plek ingeneem het, sê prof. Marinus Wiechers.
- Nóg ’n plan om op inisiatief van die regering werkgeleenthede vir voormalige Plan-vegters te skep, is besig om in duie te stort.
- ’n Verbod op die dra van vuurwapens by die werkplek gaan op ’n plakkaat vir alle munisipale werkers van Karibib aangebring word.
Vrydag 20 Februarie 1998
- Twis, onmin en ’n veldtog van vergelding teen ’n groep lidmate wat hulle daarop toespits om die kerk te suiwer van beweerde onreëlmatighede, het tot ’n skeuring van die Windhoek United Congregational Church gelei.
- Shoprite gaan Katutura toe en sal sy multi-miljoen dollar winkel in die Katutura-inkoopsentrum op 25 Maart in gebruik neem.
- ’n Beroep is op pres. Sam Nujoma persoonlik gedoen om die doodsdreigemente teen ’n voormalige Swapo-aangehoudene, me. Emma Kambangula, te verwerp.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie