20 Jaar Gelede
Maandag 21 Februarie 2000
- Die paraatheid en goeie samewerking van die gemeenskap, en die tydige besluit om die sluise van die Hardapdam Vrydagaand oop te trek, het lewensverlies op Mariental voorkom.
- Minstens drie versamelplekke is Saterdag op Mariental geïdentifiseer om inwoners te huisves wat deur die vloed geraak is.
- Passasierstreine is tot stilstand gebring, toerisme-oorde is gesluit en dorpe is in donker gehul ná swaar neerslae sedert Donderdag oor die Suide.
Dinsdag 22 Februarie 2000
- Die Kabinet bespreek vandag die Mariental-vloedskade nadat versekeraars, landboukundiges en konsultante gister met opnames begin het om die omvang daarvan vas te stel.
- Die afgelope wydverspreide neerslae en gepaardgaande vloede het pensioenuitbetalings aan bejaardes in die Hardapstreek in ’n chaos gedompel.
- Spoke van die 1972-vloed is gister op Ai-Ais opgejaag toe die Visrivier die kamp met sy grootste vloed in bykans dertig jaar oorstroom het.
Woensdag 23 Februarie 2000
- Oproepe dat die Namibiese regering as bemiddelaars tussen Unita en die Angolese regering moet optree ten einde aan die dekadelange burgeroorlog ’n einde te maak, is gister by monde van die Eerste Minister, mnr. Hage Geingob verwerp.
- ’n Buitengewone spitsberaad vind vandag in die Zambiese hoofstad Lusaka plaas ten einde onlangse vredesinisiatiewe deur die Veiligheidsraad van die VVO vir die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) te bespreek.
- President Nujoma sal moontlik vandag besluit of Mariental as ’n rampgebied verklaar moet word.
Donderdag 24 Februarie 2000
- Namibië moet hom staal vir ’n begroting wat “pynlik” gaan wees, maar terselfdertyd daarop uit is om die land se begrotingstekort te verminder.
- ’n Noodfonds is gister op Mariental op die been gebring om hulp aan verskeie sektore op die dorp te verleen wat swaar deur die naweek se vloed getref is.
- Trane van die verlede het Dinsdag plek gemaak vir breë glimlagte toe die konsepwet op verkragting, waarvan die aanloop reeds in 1996 begin het, met minimale aanpassings in die Nasionale Vergadering aanvaar is.
Vrydag 25 Februarie 2000
- Vloedskade op die Hardapskema en Mariental gaan ’n merkbare negatiewe invloed op die Namibiese ekonomie maar veral die landbousektor hê.
- ’n Nuwe euwel het sy kop in die geledere van die staatsmedici uitgesteek.
- ’n Winkelpop is gangbaar as ’n model in ’n museum, maar darem nie in die uniform van die “bevryder” nie. Dan’s die pop ook nog die ewebeeld van ’n slanke, blanke dame, maar die drag is die van ’n soldaat van Afrika of Asië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie