20 Jaar Gelede
Maandag 5 Januarie 1998
• Groot skade is Saterdagaand aan 'n huis in Otjomuise aangerig toe 'n vragmotor van die polisie wat meubels vervoer het, in die huis vasgery het. Volgens die eienaar van die huis, me. Antoinette Bronzel, het sy en vriende teen tienuur die aand voor die huis gesit toe die bestuurder die voertuig agteruit in die erf langs haar wou inry.
• Die dodesyfer op Namibiese paaie in die groot vakansieseisoen kan selfs hoër word as die sestig mense wat verlede jaar in die ooreenstemmende tydperk gesterf het.
• Die grensgeskil oor die Situngu-eiland in die Caprivi-streek dreig om op die spits gedryf te word met die vestiging van 'n militêre basis deur die Botswana regering.
Dinsdag 6 Januarie 1998
• Namibiërs woonagtig op die omstrede Situngu-eiland in die Caprivi-streek oorweeg om hul burgerskap op te gee ten einde hul tradisionele grondgebied te behou.
• Myne in die TCL-groep se verlies van digby N$30 miljoen in die eerste nege maande van die boekjaar kan moontlik nou omgeswaai word ná die nuwe smelter op Tsumeb met welslae herbou en in gebruik geneem is.
• Goeie reënneerslae het die afgelope paar dae oor groot dele van Namibië voorgekom en meer as 100 mm reën is vir Desember oor die sentrale en noordelike dele van die land gemeet.
Woensdag 7 Januarie 1998
• Twee gevaarlike misdadigers is gister in hegtenis geneem sonder dat hulle hul verset het nadat hulle Nuwejaarsaand uit die Windhoekse Sentrale Gevangenis ontsnap het.
• Namibië kan op die vooraand van kragrantsoenering staan. Dit volg nadat 'n massiewe kragonderbreking die land Maandagaand vir tussen 'n uur en 'n uur en 'n half in duisternis gehul het.
Donderdag 8 Januarie 1998
• Die drama waarin vyf seemanne na bewering 'n vissersboot onwettig in die Walvisbaaise hawe beset, het 'n verdere wending geneem toe die boot begin kantel het en nou dreig om te sink.
• 'n Sakeman van Grootfontein en sy vrou is nou ook betrokke by die gewapende roof van meer as N$1 miljoen wat by een van die besighede van 'n bekende sakeman van die Noorde, mnr. Frans Aupa Indongo, in Desember plaasgevind het.
Vrydag 9 Januarie 1998
• Inbrekers het in die Desember-vakansie op die J.T. Potgieter-tehuis vir Bejaardes toegeslaan. By die kantore sowel as by van die woonstelle op die perseel is ingebreek.
• Verlede week het binnelanders by die kus in Republikein 2000 gesien hoe dit op hul plase en op dorpe gereën het terwyl hulle hul jaarlikse vakansie geniet.
• Die drie langtermyngevangenes wat Nuwejaarsdagaand uit die Sentrale Gevangenis in Windhoek ontsnap het, is in die Windhoekse landdroshof gevonnis tot tronkstraf wat van twee tot vier jaar wissel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie