20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Maandag 2 Augustus 1999

• Die vreugde onder Namibië se sokkerondersteuners het die naweek geen perke geken nie toe die Brave Warriors Suid-Afrika se Bafana Bafana met strafdoele (4-1) geklop het ná die twee spanne met een doel elk gelykop was ná 90 minute van speeltyd.

• Die moontlikheid dat die TCL-myne deur 'n plaaslike konsortium uit die sak en as van likwidasie gered kan word, het in 'n dramatiese wending sterk op die voorgrond getree.

• Hardnekkige gerugte dat alles nie pluis is met die aankoms in Namibië van derduisende langverwagte tjeks van Ou Mutual-polishouers wat hul aandele verkoop het nie, is die naweek uit verskeie oorde ontken.



Dinsdag 3 Augustus 1999

• Die toestand in Caprivi is gespanne ná gister se opstand en aanslag deur lede van die Caprivi-Bevrydingsleer waarin dertien mense dood en dertien beseer is.

• Duisende dollars se skade is aan die NBC-uitsaaisentrum op Katima Mulilo aangerig toe eenhede van die Namibiese Weermag (NDF) die gebou gistermiddag met mortierbomme bestook het.

• Toeriste op Katima Mulilo is vreesbevange in hul vakansiebestemmings vasgekeer nadat wilde geweervuur tussen afstigters en regeringsmagte in die vroeë ure gisteroggend oor die normaalweg vreedsame dorpie losgebars het.



Woensdag 4 Augustus 1999

• Minstens twee konvooie onder begeleiding van die weermag het toeriste en vredeswerkers gister uit die gevaarsone uit die Caprivi verwyder.

• Die afkondiging van die noodtoestand in die Caprivi deur Pres. Sam Nujoma het die vrywillige repatriasieproses van Namibiese vlugtelinge in Botswana tot stilstand gedwing.

• Beweringe dat Unita betrokke is by die opstand in Caprivi kon gister nie bevestig of ontken word nie.



Donderdag 5 Augustus 1999

• Veiligheidsmagte fynkam en patrolleer nou Katima Mulilo en die omgewing, asook die hele Caprivi om die gebied te beveilig vir besoekers en inwoners.

• Die bannelingleier van die separatiste in die Caprivi, mnr. Mishake Muyongo, het gister skerp uit Denemarke gereageer op wat hy noem “sinlose aanhoudings van burgerlikes”.

• Twee toeriste het vermoedelik in 'n badkamer by 'n gastehuis op Aus versmoor weens 'n moontlike konstante gastoevoer uit 'n warmwatertoestel en tekort aan suurstof in die vertrek.



Vrydag 6 Augustus 1999

• Botswana is gereed om, indien daartoe versoek, militêre steun aan Namibië in die beslegting van die Caprivi-krisis te verleen.

• Die sekretaris-generaal van die VVO en dié van die Organisasie vir Eenheid in Afrika (OEA) is deur die Namibiese regering in kennis gestel van die noodmaatreëls wat in die Caprivi-streek ingestel is.

• Die verset teen die regering se werkverskaffing aan voormalige Plan-lede het tot die suidelike streke uitgebrei.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!