20 jaar gelede
20 jaar gelede

20 jaar gelede

Maandag 7 Augustus 2000

- Ondersoekbeamptes na die opspraakwekkende afstigtingspoging op 2 Augustus verlede jaar in Caprivi het verlede week begin om die vermeende rebelle in aanhouding van mekaar te skei en na tronke landwyd oor te plaas in ’n poging om die vryheidsvlam wat deesdae besonder hoog brand, te temper.

- Namibië is vasbeslote om hom te vergewis van die feite rondom die beweerde gifmoorde op sowat tweehonderd Swapo’s in aanhouding sodat ’n dossier oor dr. Wouter Basson so vinnig as moontlik saamgestel kan word.

- Die agtste spitsberaad van staatshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC), die eerste van die nuwe eeu, het gister op glansryke wyse in die Namibiese hoofstad, Windhoek geopen.

Dinsdag 8 Augustus 2000

- ’n Dooie punt in onderhandelinge om struikelblokke op pad na vrede in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) uit die weg te ruim, het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se spitsberaad genoop om ’n opvolg-konferensie oor die aangeleentheid vir volgende week in Lusaka te belê.

- Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het gister ’n geskiedkundige oomblik beleef met die ondertekening van ’n memorandum van begrip tussen die organisasie en die sakegemeenskap van die streek.

- ’n Optog om ’n protesskrif oor die onveilige toestand in Kavango by Staatshuis te besorg is tot komende Sondag uitgestel nadat dit eergister deur die Windhoek-beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) in die wiele gery is.

Woensdag 9 Augustus 2000

- Twee ontmoetings met die hoogste regeringsgesag in die Namibiese hoofstad het gistermiddag groot verwagtinge aan die Namibiese voorsitterskap van SADC gestel om die oorloë in die DRK en Angola te beëindig waarby Namibië sowel regstreeks as onregstreeks betrokke is.

- Nege Pakistani’s en ’n Suid-Afrikaner – vermeende lede van ’n internasionale sindikaat – is gister binne vyf uur in Windhoek in hegtenis geneem in verband met beweerde bedrog wat spruit uit telefoonoproepe van sowat N$3 miljoen wat by wyse van Telecom Namibia se internasionale operateursooreenkoms gemaak is.

- Gesamentlike projekte van nagenoeg N$5 miljard is tussen Suid-Afrika en Namibië in die pyplyn.

Donderdag 10 Augustus 2000

- Mense wat hul professionele en sosiale lewens hoofsaaklik telefonies reël, sal van aanstaande maand 50 persent meer vir dié luuksheid opdok.

- Vier lede van die Namibiese Weermag (NDF) het gister in die militêre hof op Grootfontein verskyn omdat hulle geweier het om aan die Angolese burgeroorlog deel te neem.

- Die Regering se volgehoue weiering om gehoor te gee aan Plan-oorlogsveterane en -gestremdes se eis van N$75 000 elk het hom in ’n hoek gedryf ná ’n nuwe voorstel deur die veterane.

Vrydag 11 Augustus 2000

- Dodelike besendings Ecstasy-tablette, waarvan die gebruik veral onder jeugdiges epidemiese afmetings aanneem, het die Namibiese mark geïnfiltreer.

- Haglike en onhigiëniese toestande in toilette van die Hoërskool Academia in Windhoek het vandeesweek aan die lig gekom deurdat skok-foto’s aan Republikein 2000 beskikbaar gestel is.

- Atletiek Namibië se voorste juniors het in die slag gebly nadat ’n geldelike tekort die toergroep na Duitsland erg uitgedun het. Net vyf uit die aanvanklike twaalf atlete vertrek vanoggend na Duitsland.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!