20 jaar gelede
Maandag 19 Februarie 2001
- ’n Besending van nagenoeg 27 000 Namibiese skape is Vrydag op Lüderitz aan boord van ’n skip gelaai vir lewering aan markte in Saoedi-Arabië. Die skip het Saterdag uit die hawe vertrek op sy tog van nagenoeg 14 dae.
- Vyf brandweermanne van Walvisbaai het hul lewens gewaag in ’n vergeefse poging om ’n vissersboot, die Hope, teen vlamme op see te red.
- Ministers van buitelandse sake van lande wat by die oorlog in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) betrokke is, vergader môre in New York saam met lede van die Verenigde Volke se Veiligheidsraad om die vredesinisiatiewe in dié oorloggeteisterde Sentraal-Afrikaland te bespreek.
Dinsdag 20 Februarie 2001
- Agt seuns tussen 16 en 18 jaar van Rundu het gister in die Hoërhof in Windhoek verskyn op aanklag van verkragting nadat ’n meisie uit ’n koshuis gelok en nege keer om die beurt verkrag is.
- Die Veiligheidsraad van die VVO sal vandag in New York onder druk kom om hom te hou by sy belofte om 5 500 troepe as vredesmag na die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) te stuur.
- Die Ministerie van Myne en Energiesake het weer gewaarsku dat die handelslisensies van oneerlike vulstasie-eienaars voortaan summier opgeskort sal word oor skendings van die Energiewet.
Woensdag 21 Februarie 2001
- Parlementslede is gister deur pres. Sam Nujoma vermaan om hul werk ernstig op te neem sodat inwoners van die land respek vir hulle kan behou.
- Die skote het gister met die opening van die Parlement behoorlik geklap as aanduiding dat ’n lewendige sitting voorlê.
- Werknemers van twee van die grootste staatskorporasies – die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) en die Nasionale Lugredery, Air Namibia – is saam met ’n studenteverpleegster onder die jongste verdagtes wat in verband met versekeringsbedrog van sowat N$3 miljoen in die Ministerie van Verdediging aangekeer is.
Donderdag 22 Februarie 2001
- Dié eksklusiewe Republikein 2000-onthulling kom vanoggend ná meer as ’n jaar se volgehoue ontkennings, dreigemente en gerugte, en net ná die besoek van ’n kundige van die VVO se Veiligheidsraad oor Namibië se status as ’n moontlike bydraende faktor tot die plundering van die DRK se natuurlike hulpbronne.
- Tweeduisend Namibiërs sal ná volgende week vir minstens 24 maande van werk voorsien wees wanneer een van die grootste werwingsveldtogte nog ten einde loop om in die voorlopige behoeftes van Namibië se nuwe mynreus, die Skorpion Zink Project, te voorsien.
Vrydag 23 Februarie 2001
- Internasionale diamant- en wapenbedrywe, asook die politieke raadsale van die belangrikste rolspelers die afgelope jare in die Groot Mere-konflikgebiede steier die afgelope 24 uur onder die skokgolwe van gister se onthulling dat Namibië ’n diamantmyn in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) het.
- Namibië se diamantslypbedryf gaan op groot skaal uitgebrei word deurdat minstens drie aanlegte binne die volgende jaar in bedryf gestel gaan word.
- Opregte dank en waardering is gister deur die Adjunk-minister van Verdediging, mnr. Victor Simunye, uitgespreek vir die inisiatief wat Republikein 2000 geneem het met sy bylae oor landmyne.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie