20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 27 Oktober 1997

• 'n Gevestigde Swapo-setel het nog voor die begin van die verkiesing van plaaslike owerhede geval. Rundu, wat sedert onafhanklikwording deur Swapo oorheers is, is nou in die hande van die DTA.

• Die staatsgreepmanie van die Swapo-regering en openlike haat jeens voormalige lede van Koevoet het op die vooraand van die verkiesing deurgeslaan.

• Geskiedenis is in die Namibiese georganiseerde landbou gemaak toe die Namibië Landbou-unie (NLU) besluit het om hom voortaan self met vrywillige heffings en ledegeld te finansier.



Dinsdag 28 Oktober 1997

• Nóg 'n onderwysskok is op pad! Dit is vandag amptelik dat regstellende aksie in die vorm van gewaarborgde blokreservering vir lede van voormalige agtergeblewe groepe deur die owerheid opgedwing gaan word aan voormalige blanke skole ten opsigte van die toelating van Graad 11-leerlinge.

• Plan-oorlogslagoffers en hul ondersteuners het gister voor die Swapo-kantoor op Oshakati begin betoog en onderneem om die persele te beset totdat hulle “bevredigende antwoorde” van die President, mnr. Sam Nujoma, kry oor oorlogsvergoeding van N$75 000 per persoon.



woensdag 29 Oktober 1997

• Leiers van die mislukte staatsgreep in Zambië verkeer in aanhouding in die hoofstad, Lusaka, ná die poging om die leierskap in daardie land omver te werp binne enkele ure gefnuik is.

• Duisende ontstoke staatsamptenare is versoek om terugbetalings aan hul mediese fonds te maak nadat meer as 30 000 tjeks foutiewelik aan hulle gestuur was. Die bedrag wat nou ingevorder moet word, beloop meer as een miljoen dollars.

• 'n Sogenaamde gebalanseerde struktuur ten koste van kwalifikasies en ondervinding by die aanstelling van onderwysers, kan 'n ernstige terugslag vir onderwysers in Namibië wees.



Donderdag 30 Oktober 1997

• Drie vermeende rowers en 'n sekuriteitswag is gister in die middestad in Windhoek platgeskiet toe 'n rooftog oor die middaguur by 'n mikro-leningsonderneming in 'n bloedige skietgeveg ontaard het.

• Te midde van droogte en gerugte van droogte wat voorlê, het die vreugdevure gister hoog gebrand in dele in die Suide toe welkome reënbuie uitgesak het.



Vrydag 31 Oktober 1997

• Ongeveer 9 000 fiktiewe pensioentrekkers is deur die ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste op die uitbetalingslyste opgespoor.

• Hofbräu Lager, die eerste premium lagerbier deur die Suid-Afrikaanse Brouerye wat volgens die Duitse suiwerheidgebod gebrou word, is gister ook in Namibië geloods op dieselfde dag as wat Namibië Brouerye in Pretoria 'n Hoërhofinterdik oor die nuwe biersoort begin teenstaan het.

• Een van drie vermeende rowers in Woensdag se bloedige skietvoorval in Windhoek sal na verwagting vandag in die landdroshof verskyn.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!