20 JAAR GELEDE
20 JAAR GELEDE

20 JAAR GELEDE

Karin Eloff
MAANDAG 7 APRIL 1997

- Die Minister van Binnelandse Sake het Vrydag erken dat die begroting van die polisiemag nie in staat is om die duur spesiale veldmag (SFF) te dra nie. Daarmee is die weg gebaan na ’n Afrika-diktuur.

- Hengelaars was op Goeie Vrydag langs die waters by Jakkalsputz suid van Hentiesbaai uit die veld geslaan toe Mark Windwaai van Windhoek ’n kabeljou van 15 kg wal toe gebring het.

- ’n Gevorderde opleidingskursus in mariene-wetenskap en ’n ondersoek na die broeigebied van twee belangrike vissoorte vir Namibië en Angola se visbedryf het verlede week onder die Benefit-program begin waarby Namibië, Angola en Suid-Afrika betrokke is.

DINSDAG 8 APRIL 1997

- Casper Derks, die bekende Namibiese rygbyspeler, en nege ander mense is deur die polisie in hegtenis geneem nadat ’n deurbraak gemaak is in ondersoeke van etlike maande na die onwettige handel en besit van koperdraad wat van Telecom Namibia se telefoonlyne gesteel is.

- Die meer as 1 200 “oop” plekke wat op Onafhanklikheidsdag in Namibiese tronke geskep is met ’n presidensiële amnestie aan sekere groepe veroordeeldes, is reeds deur nuwe misdadigers gevul, maar die owerheid is steeds daarvan oortuig dat die bou van meer tronke nie die antwoord op oorbevolkte plekke van aanhouding is nie.

- NamPower, die nasionale elektrisiteitsvoorsiener van Namibië, het begin met ’n internasionale advertensieveldtog om tenderaars vir die oprigting van die wêreld se langste kraglyn tussen Suid-Afrika en Namibië teen ’n koste van sowat N$808 miljoen te identifiseer.

WOENSDAG 9 APRIL 1997

- Namibië staan op die rand van ’n noodtoestand nadat ’n beweging van voormalige bosvegters, die Unie vir voormalige lede van die Gebiedsmag en Koevoet, gedreig het om die land in ’n staat van terrorisme te dompel.

- Genl. “Sterk” Hans Dreyer, voormalige bevelvoerder van Koevoet wat gister direk deur mnr. Philimon Malima, die Minister van Verdediging, gekoppel is aan die beweerde terroristestryd wat in Namibië dreig, het die beweringe as ’n “klomp str_nt” afgemaak.

- ’n Poging word nou vir die eerste keer in vier jaar aangewend deur drie instellings wat die werkers, sportmense en die sakesektor verteenwoordig, om druk op die regering uit te oefenvir die afskaffing van die wetgewing oor tydsverandering wanneer ’n memorandum vandag voor die Vereniging van Streeksrade sal dien vir bespreking.



DONDERDAG 10 APRIL 1997

- Dreigemente dat Namibië opnuut deur ’n groep ontevrede oud-Gebiedsmag- en Koevoetlede in ’n staat van terrorisme gedompel kan word, is gister met heftige reaksie van die kant van die amptelike opposisie begroet.

- ’n Bergingsplek vir sowat 12 ton koperdraad is Dinsdagnag ná ’n drie weke lange ondersoek deur die polisie en Telecom Namibia in die woestyn naby Hentiesbaai gevind nadat daar reeds vier groepe mense gedurende die tydperk in hegtenis geneem is vir handel en besit van koperdraad.

- Politieke partye met verteenwoordiging in die Nasionale Vergadering sal vanjaar nog en waarskynlik voor die komende munisipale verkiesings, ’n bedrag van N$8miljoen uit die Gebruiklikheidsfonds van die Ministerie van Finansies ontvang.

VRYDAG 11 APRIL 1997

- Die strategiese belangrikheid van die Walvisbaai-hawe vir Suidelike Afrika en skeepvaart tussen Afrika en die Amerikaanse lande en Europa is gister in Windhoek beklemtoon met ’n konferensie oor die skepping van die Walvisbaai–korridor as die verwesenliking van ’n Afrika-droom.

- Die 97ste Interparlementêre Unie (IPU) se vergadering in Seoel, Korea, word deur afgevaardigdes van die Parlement onder leiding van die Speaker, dr Moses Tjitendero, bygewoon.

- Die onwettige besteding van meer as N$6 miljoen deur die NBC op die Mej. Heelal-skoonheidswedstryd van 1995 en dié staatskorporasie se verlies van bykans N$10 miljoen as gevolg van die kompetisie, was gister in die parlement ’n onderwerp van bespreking.



SONDAG 13 APRIL 1997

- ’n Lugbrug met ambulansvliegtuie het gistermiddag tussen Windhoek en Helmeringhausen gespan nadat ’n toeristebus van die pad geloop en oor ’n brug gestort het.

- Staatsinstellings op Mariental sal môre oor krag beskik nadat die staat Vrydagmiddag ’n krisis afgeweer het met ’n afbetaling van byna ’n miljoen dollar op sy skuld aan die munisipaliteit.

- Gemoedere loop hoog op Hentiesbaai oor die toekenning van ’n tender vir die bou van ’n muur om die sportterrein in die Omdel-woongebied.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!