20 Jaar Gelede
20 Jaar Gelede

20 Jaar Gelede

Karin Eloff
Maandag 14 September 1998

• Air Namibia, die land se nasionale lugredery, het nóg verder in die skuld weggesink met finansiële verliese van N$31,4 miljoen vir die eerste drie maande van die huidige boekjaar.

• 'n Eis van altesaam N$2 miljoen is deur 'n voormalige werknemer van die Nasionale Behuisings­onderneming (NHE) teen die semi-staatsinstelling ingestel.



Dinsdag 15 September 1998

• Twee veiligheidswagte het gister vlugtig in die Windhoekse landdroshof verskyn in verband met die rooftog van meer as N$1,2 miljoen die afgelope naweek in die hoofstad te midde van vrese dat die vlaag van kontant-in-transito rooftogte wat in Suid-Afrika handuit geruk het, nou na Namibië gaan oorspoel.

• Wat 'n spitsberaad van ekonomiese samewerkingsverdrae en streekseenheid moes wees, is die afgelope twee dae in Mauritius gekaap deur die oorlogswolke oor sentraal-Afrika en konflik wat al hoe wyer uitkring.

• 'n Plan om 'n heenkome aan voormalige vegters te verseker, is besig om by die kantoor van die Adjunk-minister van Landbou, mnr. Stan Webster, vorm aan te neem.



Woensdag 16 September 1998

• Die stryd om die eienaarskap van Meatco, wat nou al openlik as 'n regeringspoging tot nasionalisering beskryf word, is weer op die tafel.

• Die eerste N$19 miljoen van N$30 miljoen is reeds aangewend om Namibiese slagplase te verbeter om die Europese markte met vleis van gehalte te behou en uit te bou, sou die Lomé-ooreenkoms in die jaar 2000 wegval.

• 'n Lasbrief is gister uitgereik vir die inhegtenisname van 'n buitelandse psigiater en algemene praktisyn teen wie verskeie klagte van beweerde bedrog in Namibië ondersoek word.



Donderdag 17 September 1998

• Die werk van 'n Namibiese ontwerper en kledingstegnoloog, me. Cynthia Schimming, sal deel vorm van 'n permanente uitstalling in 'n Japanse museum nadat sy vyfde geëindig het in 'n internasionale ontwerperskompetisie.

• Honderde miljoene Namibiese dollars aan inkomste kan Namibië deur die bemoeienis en bemiddeling van mnr. Aaron Mushimba, die swaer van pres. Sam Nujoma, toeval indien stabiliteit in die oorloggeteisterde Demokratiese Republiek van Kongo van pres. Laurent Kabila herstel kan word.



Vrydag 18 September 1998

• Namibië Brouerye gaan minstens N$250 miljoen belê om sy markaandeel in Suidelike Afrika te behou en verder te vergroot.

• 'n Dramatiese styging van 95 persent in kommersiële landbou­skuld tot bykans N$1 000 miljoen, die hoogste reële rentekoerse in die geskiedenis en skrale vooruitsigte van rentekoersdalings, het opnuut die vergrootglas op die benarde posisie van die boer in Namibië geplaas.

• Stormsterkte rukwinde wat met ligte reënbuie gepaard gegaan het, het Woensdagaand groot­skaalse ontwrigting in Windhoek veroorsaak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!