20 jaar gelede
Maandag 19 Augustus
• Met die skrif reeds aan die muur en aanduidinge dat die doodsklokke begin lui het vir die beplande volstruisverwerkingsaanleg van N$80 miljoen op Keetmanshoop, het die regering sy vasberadenheid opnuut bevestig om dié opportunistiese projek te steun.
• Ses Namibiese sakemanne is Dinsdagaand meer as twee ure lank by die Noordoewer-grenspos eindeloos beproef toe ’n doeanebeampte wat geweier het om sy naam te verstrek, hulle soos hy dit genoem het, “’n les geleer het”. Hulle het hom tot “Vreeslike Fritz” herdoop.
Dinsdag 20 Augustus
• Die ontdekking van mensbeendere verlede week tydens uitgrawings buite Grootfontein, het tot die verdere ontdekking van ’n begraafplaas gelei. Volgens inligting is op grafte afgekom met datums wat uit die vorige eeu dateer.
• Nóg ’n terugslag gaan Lüderitz, Namibië se tweede hawe, eersdaags tref wanneer sowat 600 werknemers van Seaflower, ’n semi-staatsinstelling, weens herstrukturering werkloos gelaat gaan word.
Woensdag 21 Augustus
• Twee stadsraadslede van Hentiesbaai en verteenwoordigers van die DTA, mnre. Tubby Gouws en Frank Corbett, het met onmiddellike effek bedank omdat hulle “eenvoudig genoeg gehad het van die manier waarop die dorp bestuur is”, word beweer.
• Die Namibiese Sport- en Ontspanningsklub (NSRC) het ’n pleidooi tot verskeie ministeries gerig om met ’n veldtog van opvoedingsprogramme oor omgewingsbesoedeling en -agteruitgang te begin.
Donderdag 22 Augustus
• Namibië is op die drumpel van ongekende arbeidsonrus met die ineenstorting van onderhandelinge oor TransNamib se geskil oor looneise en ’n spertyd vir TCL se mynwerkers wat vandag om 15:00 verstryk.
• Die vermeende verkragter van ’n sewejarige meisie, Elias /Hoxobeb van Grootfontein, het in die Hoërhof grasietyd gevra sodat hy sy voertuig kan verkoop om sy regskoste te dek.
Vrydag 23 Augustus
• Die dorpsraad van Hentiesbaai het laat gistermiddag onverwags en midde ondersoeke na beweerde wanbestuur en oortredings onder leiding van die omstrede burgemeester, mnr. Alf Liebenberg, bedank.
• Die baanbreker op die land se regbanke in die vorige bedeling, die Namibies-gebore regter Kenneth Bethune, is gister oorlede.
Sondag 25 Augustus
• Bykans N$10 miljoen is die prys wat belastingbetalers sal moet betaal vir die NBC se besluit om die eksklusiewe uitsaairegte vir Afrika in die Mej. Heelal-skoonheidskompetisie verlede jaar in Windhoek te koop.
• Die koppe word geëis van die Minister van Gesondheid, dr. Nickey Iyambo, en sy Direkteur: Gesondheid vir die Suidelike Streek, me. Agnes Tjongarero. Dit volg op die aanstelling van ’n buitelandse mediese dokter wat geen kwalifikasies of enige oorspronklike dokumente kon voorlê om sy professionele status te bevestig nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie