20 jaar gelede vir 18 Novembert 2016
Maandag 11 November
• Die haglike finansiële posisie van TransNamib is een van die swaarde wat oor die kop van die nasionale vervoerkorporasie se kop hang. Die Ministerie van Vervoer van mnr. Hampie Plichta het reeds met ’n regstreekse bewindsoorname begin.
• Waterskaarste in Suider-Afrika, ’n situasie waaroor die mens die minste beheer het, is een van die grootste bedreigings vir die streek. Dit kan slegs verminder word deur middel van die toenemende onderhoudbare bestuur van waterhulpbronne in die streek, het mnr. Helmut Angula, Minister van Landbou, Water en Landelike Ontwikkeling, gesê.
Dinsdag 12 November
• Altesaam 345 onwettige immigrante wat sowat twee weke gelede deur die polisie aangekeer is, is verlede week na hul lande van herkoms gedeporteer ingevolge ’n besluit deur die Immigrasie Tribunaal.
• Hofsake oor beweerde aanranding en naamskending en ’n spesiale tugkomitee kan al vandeesweek met verreikende gevolge toeslaan nadat twee senior tydrenjaers na afloop van die internasionale Total Tara-tydren in ’n geveg betrokke was. Die nuwe Namibiese kampioen, Tiffy van der Heever, het in die bakleiery ’n deel van sy oorskulp verloor.
Woensdag 13 November
• Die jongste waardering van die Kudu-gasveld aan die Namibiese kus het vir nog ’n deurbraak gesorg met bevestigende aanduidinge dat die gasveld aansienlik groter as die aanvanklik geskatte drie triljoen kubieke voet gas is.
• Natuurbewaring is sedert 1967 deurlopend bevoordeel toe kommersiële boere die reg gekry het om wild op hul plase tot eie voordeel aan te wend, het die Ministerie van Omgewingsake en Toerisme verklaar.
Donderdag 14 November
• Die Ministerie van Vervoer se geldsake is buite beheer. Korrupsie en wanbestuur kos die belastingbetalers jaarliks der miljoene dollars wat weens ’n gebrek aan beheer, bestuur en beleid by die Staatsgarage nie bepaal kan word nie.
• Die totale versekeringsbedryf in Namibië staar revolusionêre veranderinge in die gesig nadat wetsontwerpe oor sowel kort- as langtermynversekering in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê is.
Vrydag 15 November
• Telecom Namibia het sedert Desember verlede jaar skade van nagenoeg N$750 000 gely weens die diefstal van koperdraad wat vir telefoonverbindings gebruik word.
• Die Nederduits Gereformeerde gemeente van Usakos vier môre sy vyftigste bestaansjaar met ’n feesgeleentheid.
Sondag 17 November
• ’n Ramp het die Windhoek Internasionale Lughawe Vrydagaand getref toe die elektriese stelsel wat krag aan die landingsligte op die aanloopbaan verskaf, weens ’n kortsluiting buite werking geraak het. As gevolg daarvan moes ongeveer 600 passasiers van AirNamibia plaaslik en oorsee teen groot koste in akkommodasie-inrigtings opgeneem word.
• Drastiese stappe, insluitend die skorsing van amptenare, is by die Staatsgarage gedoen in ‘n poging om ’n einde aan die wanorde dáár te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie