2017 - Jaar van herverbintenis
2017 - Jaar van herverbintenis

2017 - Jaar van herverbintenis

'Namibië staan nie verniet as die land van die dapperes bekend nie.'
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - “Wat is toewyding? Eenvoudig gestel is dit die daad van volkome verbintenis tot ‘n besondere gedagte of optrede.

"Dit is ‘n gevoel van sterk steun vir of lojaliteit aan iemand of iets. 2017 is die jaar van herverbintenis.

"Dit is die jaar waarin ons onsself herverbind aan ons nasionale oogmerke en ons lojaliteit aan ons land herbevestig.”

Met hierdie woorde het president Hage Geingob sy openingsrede vir die vyfde sitting van die sesde parlement gister in Windhoek begin.

Hy vra dat Namibiërs hulself opnuut verbind tot die etos wat die mense van die land deur die donker dae van die bevrydingstryd gelei het.

Geingob het gesê die regte van alle Namibiërs word deur die Grondwet gewaarborg.

“Met die aanvaarding van die Grondwet is ‘n nuwe era van versoening en vergifnis ingelui. Ons het ‘n era van vrede, eenheid en geregtigheid betree. Dit is hierdie beginsels wat hierdie wonderlike land tot groter hoogtes moet lei,” het Geingob gesê.

Hy het gewys op die besondersheid van die drie-eenheid gevorm deur die stigterspresident, die vorige president en die huidige president.

Hy het ook na oudpresident Fidel Castro van Kuba se begrafnis verlede jaar verwys, wat deur aldrie Namibiese staatshoofde bygewoon is.

Met die amptelike opening van die howe, die kabinet en die parlement, is al die pilare van die staat nou funksioneel.

Geingob het gevra dat Namibiërs hulle vanjaar opnuut toewy aan God, nasionale waardes, geregtigheid, die gees van samesyn en Harambee, en om beloftes vir die verwesenliking van ’n voorspoedige toekoms vir Namibiërs na te kom.

“Laat ons geen ruimte laat vir die vyande van eenheid en vrede om hul vuil gedagtes van stamgebondenheid, rassisme, onstabiliteit en konflik in ons Namibiese grond te plant nie,” het Geingob gesê.

Hy het veral klem gelê op die wetsontwerp op grond, wat uitgestel is tot ná afloop van die grondkonferensie en gewaarsku dat grond nie deur sommige groepe as ‘n lont gebruik moet word om ‘n kruitvat te laat vlamvat nie.

Geingob het opnuut op die belangrikheid van inklusiwiteit van die Namibiese Huis gewys.

Hy het gevra dat diegene wat ‘n bespotting van die ontwikkelingsdoelwitte wil maak, verkeerd bewys moes word.

Die president het gesê die uitdagings wat voorlê is groot, maar “Namibië staan nie verniet as die land van die dapperes bekend nie”.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!