2019 se Rugbywêreldbeker en die ekonomie
Japan kry 400 000 besoekers
Dr. Kobus Laubscher - Rugby is groot besigheid – van die verkoop van aandenkings, biltong vir die wedstryd, en iets te drinke om die wedstryd se afloop te herleef, tot die enorme monetêre waarde van uitsaairegte, advertensies en natuurlik die borgskappe.
Dit alles laat die wiele draai en die 2019-Rugbywêreldbeker in Japan sal na verwagting geen uitsondering wees nie.
Dit is die eerste sodanige kampioenskap wat sedert die aanvang van die wêreldbeker in 1987 in Asië aangebied word, en volgens berigte verloop die toernooi, in tipiese Japannese styl, uitstekend geörganiseerd.
Daar is wel kommer oor die moontlikheid van natuurrampe soos orkane ensovoorts, en hoewel dit sekere voornemende besoekers kon afskrik, is die aanduidings dat die verwagte toevloei tot 400 000 buitelandse besoekers kan bereik.
Die skouspel sal deur nagenoeg 1,8 miljoen rugbyondersteuners gesien word. Die jongste wedstryde het verrassings opgelewer en dit is veral Japan se oorwinning oor die Iere wat die toernooi nuwe stukrag gegee het.
Besoekers aan Japan sal ‘n land aantref waar dinge werk met bewyse van hoe alles vir hul besoek in orde gebring is.
Daar is wel ook ‘n klompie uitdagings, waaronder die taal en die hoë koste.
Die een ander voordeel vir besoekers uit randgebaseerde lande is dat die Japannese yen ongeveer 14 Suid-Afrikaanse sente werd is.
Vir elke rand kry besoekers dus net meer as 7 yen. Dit help seker as mens aanvanklik somme maak, maar ongelukkig is Japan nie ‘n goedkoop bestemming nie. Na raming is Tokio die tweede duurste stad om in te bly, met Hongkong die duurste, dán Tokio en dán Singapoer. New York is wel onder die 10 duurste stede ter wêreld, maar negende. New York is die duurste stad in die VSA om in te bly.
Volgens die Japan Time sal die 2019-Rugbywêreldbeker die Japannese ekonomie ‘n hupstoot van 217 biljoen yen gee met totale bykomende geldinvloei van net meer as 437 biljoen yen.
Die Japannese belastinggaarder kan tot bykans 22 biljoen yen meer aan belasting in. Daar sal na verwagting tot 25 000 werksgeleenthede geskep word vir die toernooi om aangebied te word in die 12 stede waar die wedstryde plaasvind.
Die aanbied van die 2019-Rugbywêreldbeker het ook ander skuiwe moontlik gemaak wat beleid betref.
Tot dusver was die klem op die opvoedkundige waarde van sport met lae kommersiële waarde. Die Japannese regering is gevolglik besig met die implementering van ‘n beleid van beter ondersteuning om ook die kommersiële waarde van sport te ontsluit.
Die Japannese fiskus teken dus sport ten einde munt te kan slaan uit die verwagte groei in die monetêre waarde van ‘n bedryf wat na raming van 5,5 triljoen yen in 2015 kan groei tot 10 triljoen yen in 2020, om teen 2025 sowat 15 triljoen yen werd te kan wees.
Die 2020 Olimpiese Spele val in die laasgenoemde tydperk.
Daar is byvoorbeeld nou al bewyse van hoe tegnologie ingespan kan en gaan word om die Olimpiese Spele van 2020 onvergeetlik te maak. Tot dusver lyk dit of die 2019-Rugbywêreldbeker ook verwagtinge oortref.
‘n Senior visepresident van Japan se Ontwikkelingsbank word aangehaal oor sy siening dat sport in Japan nuwe besigheid beteken, maar waarsku die momentum wat nou opgebou is, moenie verlore gaan nie.
Om sporttoernooie van hierdie omvang suksesvol aan te bied, vra dus denkskuiwe binne die Japannese regering.
Die Japannese ekonomie is hoogs ontwikkeld – dit is die wêreld se derde grootste ekonomie gemeet aan nominale bruto binnelandse produk (BBP), die vierde grootse in terme van koopkrag en die tweede grootse ontwikkelde ekonomie.
Japan is ook lid van die G7.
Ekonomiese groei is traag – gemiddeld 0,49% per jaar van 1980 tot 2019.
Die huidige groeikoers is in die omgewing van 1% per jaar.
Die grootse deel (62%) van die BBP is afkomstig van dienstebedrywe en is tiperend van sulke ontwikkelende ekonomieë wat hoogs gediversifiseer is met hoë vlakke van tegnologie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie