24 soldate dood in hinderlaag
Mogadisjoe
Gevegte tussen Al-Sjabaab-insurgente en vredebewaarders van die Afrika-unie (AU) het Sondag die lewe van 24 mense geëis.
Islamitiese militante sê die dodetal was aansienlik hoër.
Al-Sjabaab het 'n konvooi wat soldate van die Afrika-unie se sending in Somalië (Amisom) vervoer het, in 'n hinderlaag gelei in die Bulamareer-distrik van die Laer Sjabelle-streek, ongeveer 140 kilometer suidwes van Mogadisjoe, het kolonel Hassan Mohamed aan Reuters gesê. Altesaam 23 van die slagoffers was Amisom-soldate en een 'n Somaliese soldaat.
Abdiasis Abu Musab, Al-Sjabaab se woordvoerder vir militêre operasies, het op sy beurt gesê 39 AU-soldate, onder wie hul bevelvoerder, is dood.
Uganda se ministerie van verdediging sê van die land se soldate wat deel van Amisom was, is in die aanval dood.
Al-Sjabaab wil die vredebewaarders uitdryf en van die Westerse gesteunde regering ontslae raak om 'n streng interpretasie van Islam in Somalië te vestig. -Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie