29 Christene in Egipte afgemaai
Gemaskerde gewapende mans het Vrydag 'n groep Koptiese Christene in die suide van Egipte aangeval en 29 mense doodgeskiet en nog 26 gewond terwyl hulle na klooster onderweg was, het mediese bronne en ooggetuies gesê.
Die groep was in twee busse en 'n bakkie op pad in die Minya-provinsie, waar 'n redelike groot Christen-minderheid woon.
Ooggetuies sê die Kopte is aangeval toe hulle onderweg was om te aanbid in die klooster van St. Samuel die Biegteling, in die weste van die provinsie. Hulle sê gewapende mans het die voertuie gestop op die pad wat na die klooster lei, en op die mense losgebrand.
Koptiese Christene, wat ongeveer 10% van Egipte se 92 miljoen mense uitmaak, is die afgelope maande in 'n reeks aanvalle geteiken.
Ongeveer 70 Christene is sedert Desember in bomaanvalle op kerke in Kaïro, Alexandria en Tanta dood.
Die Islamitiese Staat-groep (IS) het aanspreeklikheid vir hierdie aanvalle aanvaar. Niemand het dadelik vir Vrydag se aanval verantwoordelikheid aanvaar nie.
– Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie