30ste Onafhanklikheidsdag in Windhoek gevier
Die uitvoerende direkteur van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Mbeuta Ua-Ndjarakana (foto), het vanmiddag in Windhoek aangekondig die 30ste vieringe van Namibië se Onafhanklikheid sal op Saterdag 21 Maart in die hoofstad plaasvind.
Pres. Hage Geingob sal ook op dié dag vir sy tweede termyn van vyf jaar ingesweer word.
Ua-Ndjarakana sê verskeie staatshoofde is na dié geskiedkundige geleentheid genooi en die vermaak sal uit die boonste rakke wees.
Alle voorbereidings is ondanks ’n beperkte begroting op dreef, sê hy.
Die verrigtinge sal op die Onafhanklikheidstadion plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie