38 Suid-Afrikaners gerepatrieer
38 Suid-Afrikaners gerepatrieer

38 Suid-Afrikaners gerepatrieer

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die Namibië Burgerlugvaart­owerheid (NCAA) het toestemming verleen dat beide Air Namibia en FlyWestair vlugte kan onderneem om Namibiërs wat in Suid-Afrika gestrand is, huis toe te bring.

Ná onderhandelinge tussen die Suid-Afrikaanse hoëkommissariaat en die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking (Mirco) is ook ooreengekom 38 Suid-Afrikaners wat op verskeie plekke in Namibië gestrand is, kon terugkeer huis toe.

Mnr. Reinhart Gärtner, tussentydse uitvoerende direkteur van die NCAA, sê Air Namibia sou gister met dié 38 mense na ­Johannesburg gevlieg het, en met gestrande Namibiërs teruggekeer het.

Teen middagtyd gister was daar nog nie 'n aanduiding hoe laat die vliegtuig by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako sou opstyg nie.

Toestemming is ook verleen dat FlyWestair Saterdag gestrande Namibiërs in Kaapstad kon gaan haal.



'NIE BETYDS'

Mnr. Fred Riveiro, ­bestuurder van sakeontwikkeling by FlyWestair, sê die vlug kon nié plaasvind nie aangesien die nodige goedkeuring deur die ­ministerie van ­internasionale betrekkinge en samewerking nie betyds verskaf is nie.

“Die gestrande Namibiërs kan nou eers Dinsdag (môre) gehaal word,” het hy gesê.

Intussen het drie Namibiërs ook Vrydagaand uit Guinee in die land aangekom.

Gärtner het bevestig hulle was aan boord van 'n vlug wat na Suid-Afrika onderweg was.

Toestemming is verleen dat die vliegtuig by die Internasio­nale Lughawe Hosea Kutako kon land om die drie mense af te laai.

Republikein het verneem die drie mense is na 'n gastehuis in Avis geneem waar hulle 14 dae in kwarantyn sal deurbring.

*Skakel om 11 uur op Republikein se Kletskompas-uitsending op Facebook in vir 'n gesprek met Gärtner oor die ­oorlewingskrisis waarin die wêreld se lugvaart­bedryf hom bevind.

 [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!