39 sterf in nagklub-aanval in Istanboel
39 sterf in nagklub-aanval in Istanboel

39 sterf in nagklub-aanval in Istanboel

Ronelle Rademeyer
Ten minste 16 buitelandse toeriste was onder die 39 mense wat in die vroeër ure van Nuwejaarsdag (Sondag) in die gewilde Reina-nagklub in Istanboel, Turkye, deur ‘n gewapende aanvaller geklee in ‘n Kersvader-uitrusting, doodgeskiet is.
Die Turkse minister van binnelandse sake, Suleyman Soylu, het volgens die nuusagentskap AFP gesê 21 van die slagoffers is tot dusver uitgeken, waarvan 16 buitelanders was. Die ander vyf is Turke.
Die res van die oorledenes moet nog uitgeken word, het hy gesê.
‘n Verdere 69 gewondes word in hospitale in die stad behandel, met ten ministe vier wat in ‘n kritieke toestand is.
Soylu het gesê die soektog na die aanvaller duur voort.
Volgens die NTV-televisiediens het van die besoekers aan die nagklub in die Bosferus (seestraat tussen die Swartsee en die See van Marmara) gespring om die aanvaller se koeëlreën te ontvlug. Hulle moes later uit die yskoue water gered word.
Foto: Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!