50 dood in aanval in Nigerië
Minstens 50 mense is dood in 'n selfmoordbomaanval in die ooste van Nigerië, berig die BBC.
Die aanvaller het Woensdag tydens die oggendgebed in die dorp Mubi toegeslaan op 'n moskee vol aanbidders.
Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie, hoewel die ekstremistiese Boko Haram-groep tipies plekke met baie mense in die noorde van Nigerië in die visier het.
Sowat 20 000 mense is die afgelope agt jaar deur Boko Haram doodgemaak.
Boko Haram het die afgelope tyd toenemend selfmoordbomaanvalle in die noordooste van Nigerië uitgevoer nadat die weermag grondgebied teruggeneem het wat voorheen deur dié groep beheer is. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie