50 jaar se ervaring verseker stewige fondasie
Aluminium is hul besigheid en trots
Deon Eysele –Daar is min besighede soos Aluminium Bau Manufacturing op Okahandja wat al 50 jaar in die vervaardigingsbedryf betrokke is.
Sedert mnr. Peter Döring in 1965 as 'n vakman wat vroeër in Suid-Afrika betrokke was by die installering van aluminiumvensters, winkelaansigte, deure en kosyne, besluit het om met sy eie onderneming in Namibië te begin, het daar baie water in die see geloop.
“Omdat Windhoek destyds vir my te duur was om 'n plek te huur, het ek besluit om my op Okahandja te vestig. Werk was toe maar skaars en ek het aanvanklik begin om alles te doen waarop ek my hande kon lê. Ek het dakke opgesit, loodgieterswerk en sommer algehele herstelwerk gedoen voordat ek my eerste aluminiumwerk op Otjiwarongo gekry het,” onthou Döring.
Dis hoe Aluminium Bau Manufacturing in 1965 begin het.
Intussen het Döring die liefde van sy lewe ontmoet en is hy in Desember 1967 met Siegrid (Frietzsche) getroud.
Die besigheid het floreer en in 1970 het hy sy eie werkswinkel op Okahandja gebou. In 1983 het hulle na die nuwe werkswinkel getrek waar hulle steeds gevestig is. Dit is sowat 12 km buite Okahandja op die Hochfeld-pad geleë.
Nog 'n verandering wat tussendeur plaasgevind het, is dat Aluminium Bau in 2003 na 'n cc verander is toe Döring en sy seun (ook Peter) 'n vennootskap gesluit het. “Nou is ek net 'n 'sleeping partner',” spot Döring.
Aluminiumwerk in geboue is deesdae 'n alledaagse gesig en argitekte maak al meer daarvan in moderne gebouekompleks en woonhuise gebruik. Oral in Namibië is daar talle voorbeelde van Aluminium Bau se werk, soos die gebouekompleks van M+Z Motors in Windhoek, die vertoonlokale van Danric Auto en Autohaus, die Finse Ambassade en die Hooggeregshof in die hoofstad.
Kliënte
Döring sê hulle is landwyd by verskillende groot projekte betrokke.
Op die oomblik is hulle byvoorbeeld met 'n projek op Karasburg besig.
Hul grootste kliëntebasis is argitekte wat betrokke is by verskillende bouprojekte, hetsy by private woonhuise, lodges, kantoorblokke, hospitale en regeringsgeboue.
Hy verwys na 'n stapel argitekstekeninge en sketse wat in sy kantoor lê en sê die meeste van hul werksopdragte doen hulle van die planne en sketse af.
“Alle mates en voorskrifte is daarop aangebring en ons werk daarvolgens om die items in ons fabriek te vervaardig.” Uiteraard is dit ook nodig dat hulle ter plaatse opmetings moet doen om seker te maak dat alle items wat hulle in hul fabriek vervaardig, pas en volgens voorskrifte gemaak is.
Die materiaal wat gebruik word, is alles uit Suid-Afrika afkomstig en is in 'n wye keuse van kleure beskikbaar. Brons, silwer en wit is die algemeenste keuses en ander kleurkeuses kan beteken dat kliënte meer daarvoor sal opdok.
Aansien
Weens die aansien wat Aluminium Bau Manufacturing sedert 1965 in die plaaslike boubedryf opgebou het, is hulle vakmanskap in groot aanvraag.
Dit word bevestig deur die feit dat die maatskappy van 'n eenmansaak af gegroei het tot waar dit vandag 'n volwaardige fabriek is wat in 'n groot behoefte binne die land voorsien. 'n Probleem is egter die feit dat goeie vakmanne al skaarser word, 'n tendens wat landwyd ervaar word in alle ander bedrywe wat op ambagsmanne staat maak om tegniese werk te kan doen, het Döring gesê.
Vir meer inligting oor die aluminiumprodukte, kan Döring by 062 501 680 geskakel word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie