57 leerlinge op Oshakati toets positief vir Covid-19
Sewe-en-vyftig leerlinge, 56 van die senior sekondêre skool Iipumbu en een van die gekombineerde skool Erundu op Oshakati, is deel van die 81 nuwe gevalle van Covid-19 wat vandag aangekondig is. Ses van die gevalle is gevangenes in die tronk op Mariental. Volgens die uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, is 68 mans en 13 vroue. Die jongste is twee jaar oud en die oudste 46 jaar oud.
Uit die 81 gevalle is 58 in Oshakati, agt in Windhoek, ses in Mariental, twee elk in onderskeidelik Outapi, Gobabis en Karasburg en een elk in onderskeidelik Aranos, Okahandja en Engela aangeteken.
Volgens Nangombe het vier mense herstel, twee in die //Kharasstreek en een elk in onderskeidelik die Omaheke- en Omusatistreek. Dit bring die totaal vir die land op 10 779 te staan.
Uit die 1 748 aktiewe gevalle is twee gevalle, een in Erongo en een in Khomas, in 'n baie ernstige toestand.
Die Covid-19-verwante sterftesyer staan op 133, tot op hede is 122 261 weefselmonsters getoets, 7 514 kontakte word gemonitor en tans is 927 mense in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie