600 Waterberg-buffels te koop
Die diere word as siektevry en van hoë waarde met goeie genetika beskryf.
Francoise Steynberg - Die Waterberg-platopark het tans 1 000 buffels waarvan 600 verkoop moet word.
Volgens mnr. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, is die drakrag van die Waterberg-platopark net 400 buffels.
'n Ander rede vir die verkoop van die buffels is dat hulle soms uit die park ontsnap en in die omgewing van Otjiwarongo en op omliggende plase amok maak.
Dié buffels is volgens Muyunda siektevry en van hoë waarde met goeie genetika. Hy sê die buffels kan egter net aan buitelandse kopers aangebied word, aangesien Namibië se bek-en-klouseerstatus bepaal dat daar nie buffels suid van die rooilyn mag wees nie.
Volgens 'n advertensie van die ministerie moet kopers aan dieregesondheidsregulasies voldoen en hulle moet ook amptelik bewys dat hul verskillende veearts- of bewaringsowerhede hulle sal toelaat om die buffels op hul plase te hervestig.
Kopers moet ook alle veeartsregulasies vir die invoer van die buffels nakom.
Die koper sal verantwoordelik wees vir die koste van die vang van die buffels (wat ook die totale koste van die wildvangspan insluit), asook vir die sorg en voeding in die boma, vervoer en siektetoetse. Ná die buffels opgelaai is, sal die kopers alle risiko vir die buffels dra.
Belangstellendes moet die ministerie van geskrewe tegniese en finansiële aanbiedinge vir die prys per buffel verskaf. Die geseëlde koeverte moet voor 4 Augustus om 13:00 by die ministerie se hoofkantoor ingehandig word.
Die ministerie het die reg om die tender gedeeltelik of ten volle te kanselleer.
Die suksesvolle tenderaar moet dan die betaling voor 23 Augustus in die Wildproduktefonds se rekening maak. Indien nie, sal die aanbod outomaties gekanselleer word en aan die volgende bieër gegee word.
Vir verdere navrae, kontak me. Elly Hamunyela by 061 284 2526 of per e-pos by [email protected], of dr. Janine Sharpe by 061 284 2533 of per e-pos by [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie