844 oortredings van menseregte in Zim
844 oortredings van menseregte in Zim

844 oortredings van menseregte in Zim

Betogings in die buurland het uitgebreek kort ná pres. Emmerson Mnangagwa ’n verhoging van sowat 150% in die brandstofprys aangekondig het.
Jana Marx – Altesame 844 menseregte-oortredings is in die laaste week in Zimbabwe aangeteken, sê die Zimbabwiese Menseregteforum.

Die forum het Vrydag in ’n verklaring gesê hy het dié totaal bereken vanaf 14 Januarie toe die betogings in Zimbabwe begin het.

Die betogings, wat later in onluste ontaard het, het uitgebreek kort nadat pres. Emmerson Mnangagwa ’n verhoging van sowat 150% in die brandstofprys in dié buurland aangekondig het.

Mnangagwa het die brandstofprys glo verhoog in die hoop om die tekort aan valuta te verlig en in ’n poging om die land se ergste ekonomiese krisis in ’n dekade die hoof te bied.

Talle betogers is beseer toe lede van die polisie en die weermag toegeslaan het.

Volgens die Menseregteforum spruit die 844 oortredings uit minstens 12 sterftes, 78 skietwonde, marteling, onmenslike hantering soos hondebyte (minstens 242 klagte), die beskadiging van eiendom en vandalisme (minstens 46 klagte), asook arbitrêre inhegtenisnemings en aanhoudings (minstens 466 klagte).

Die mense van Zimbabwe se reg op mediavryheid en toegang tot inligting, privaatheid en die reg om te kan rondbeweeg, is ook grootliks aangetas.

Update from Zimbabwe Human Rights NGO Forum:

12 confirmed dead

78 have gunshot wounds

242 have dog bites

466+ arrests & detention

#ZimbabweShutDown#KeepItOnZW pic.twitter.com/dH5TeQ3g39

— Open Parly ZW (@OpenParlyZw) January 18, 2019 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!