u2018Aanslag u2019n mislukte afpersingspogingu2019
u2018Aanslag u2019n mislukte afpersingspogingu2019

‘Aanslag ’n mislukte afpersingspoging’

Nida se direkteure het Donderdag skerp gereageer op aantygings van korrupsie en wanbestuur teen hulle.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) se direkteure sê die aantygings teen hulle is onwaar, verraderlik en lasterlik en het die doel om die regering en die publiek te mislei.

Die raad het gister Donderdag 'n nuuskonferensie gehou om te reageer op briewe waarin ‘anonieme werknemers’ talle bewerings van korrupsie en wanbestuur teen hulle maak.

Die briewe is in Maart aan pres. Hage Geingob en toe op 22 Julie aan die minister van nywerheidsontwikkeling en handel, me. Lucia Iipumbu, gestuur, waarna die regering 'n ondersoek van stapel gestuur het.

Die direkteure het egter gister gesê hierdie is die “jongste poging om Nida se naam in oneer te bring” en noem dit ‘n “mislukte afpersingspoging deur minstens drie individuele personeellede, soos dit aan die raad deurgeskemer is”.

REGSKOSTE

Nida se direkteure sê in ’n mediaverklaring dit blyk daar is gronde om ondersoek in te stel oor die “magte agter die herhalende aantygings teen die werk van twee prokureursfirmas, Kangueehi & Kavendjii Inc, asook Tjituri Law Chambers”. Volgens die raad is hierdie maar net twee van die 13 regsfirmas wat tans deur Nida gekontrakteur word.

Die direkteure sê Kangueehi & Kavendjii Inc is gekontrakteur reeds vóór die huidige raad of uitvoerende hoof aan die stuur van sake was en dat hulle arbeidsake hanteer. Dit sluit die wanbestuur van meer as N$20 miljoen deur personeellede en hul medewerkers in.

Die raad ontken dat dié firma vir bykans ’n halfmiljoen gekontrakteur is om ’n diefstalsaak van N$15 000 van die Kavango-beesboerdery te hanteer. Ook ontken hulle dat 7 000 beeste verdwyn het, en sê die meeste van hierdie beeste is verkoop, terwyl groot veeverliese ook in 2018 aangeteken is.

STUIFMEEL

Die direkteure sê verder die ooreenkoms met Southern Cross Marketing vir die verskaffing van stuifmeel is geldig.

“Die maatskappy is gevra om Nida te help om stuifmeel van die Midde-Ooste te kry in ’n kritieke tyd toe die wêreldwye beweging van goedere deur die Covid-19-pandemie belemmer is.

“Meer as N$83 miljoen se dadelboorde by die Naute-besproeiingsplaas en Eersbegin-dadelplaas was op die spel. Ons het die komende seisoen ‘n oesinkomste van N$40 miljoen verwag – wat nie sou realiseer sonder stuifmeel nie,” is in die verklaring gesê.

“Daar moet kennis geneem word dat die direkteure nie in enige onwettige transaksies betrokke gaan raak soos voorheen, toe werknemers van filiaalmaatskappye gebruik is om stuifmeel te bekom en te verskaf nie,” word in die verklaring gesê.

Die raad sê dit is alombekend dat die voormalige Namibiese Ontwikkelingskorporasie (NDC) nie ag op die verkrygingswet geslaan het nie, maar beklemtoon dat daar geen toekoms vir onreëlmatighede is solank die huidige raad aan stuur van Nida se sake staan nie.

“Oor ‘n tydperk van 24 maande het Nida nege interne ondersoeke van stapel gestuur oor aantygings van korrupsie, seks in ruil vir werksgeleenthede, diefstal en wetteloosheid. Nida het intussen ook miljoene suksesvol verhaal wat onbehoorlik gebruik is. Vandag kruip baie van die korrupte medepligtiges steeds as ‘anonieme werknemers’ weg, word in die verklaring gesê.

Nida sê dit het ook met besliste stappe begin om die prestasie van sy plase te verbeter, terwyl aantygings dat die raad die aanstellingsproses van ’n uitvoerende direkteur wil ‘kook’ deur te vereis dat aansoekers hul aansoeke persoonlik by mnr. Frans Kwala, Nida se raadsvoorsitter afgee, ook onwaar is.

“Die funksie vir die aanstelling van ’n uitvoerende hoof en ander uitvoerende hoofde word op ‘n hoër vlak hanteer en die huidige afdeling vir mense hulpbronnebestuur beskik nie oor die vereiste kapasiteit as dit by die aanstelling en talentbestuur kom nie,” sê die raad. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!