Aanslag op IS in Mosul begin
‘Beslissende oomblik’ in stryd teen terreurgroep
Die langverwagte gesamentlike operasie deur onder meer die Koerdiese Pesjmerga en die Irakse weermag om Irak se tweede grootste stad van die Islamitiese Staat-groep (IS) te herower, word gerugsteun deur die VSA-geleide koalisie teen Isis in Irak.
Die olieryke Mosul het ’n bevolking van sowat twee miljoen en is sedert Junie 2014 onder IS se beheer.
Die Verenigde Nasies het in die aanloop tot die aanval sy “uiterste kommer” oor die veiligheid van tot 1,5 miljoen mense in dié gebied uitgespreek.
Mosul is Isis se laaste groot vesting in Irak en die verlies van die stad sal volgens kenners effektief die einde van die groep in Irak beteken.
Kort ná al-Abadi se aankondiging Maandagoggend vroeg is artillerievuur na wat berig word in gebiede rondom die stad gehoor.
“Die uur van ons oorwinning het aangebreek, die operasie om Mosul te bevry, het begin,” het al-Abadi op die Irakse staatstelevisie aangekondig.
“Vandag verklaar ek die aanvang van die heldhaftige operasie om julle te bevry van Daesj,” het hy met verwysing na Isis se Arabiese naam gesê.
“As God wil, sal ons mekaar in Mosul ontmoet om jul bevryding en redding te vier sodat ons weer eens verenig kan leef. Ons sal Daesj verslaan en Mosul herbou.”
Al-Abadi, omring deur senior Irakse amptenare, het dit duidelik gestel dat slegs Irakse regeringsmagte Mosul, ’n stad waar die Soenni’s in die meerderheid is, sal binnegaan.
Dit was volgens ontleders ’n poging om vrese te besweer dat die operasie moontlik in sektariese konflik kan ontaard.
Ash Carter, Amerika se minister van verdediging, het die operasie beskryf as ’n “beslissende oomblik” in die veldtog om IS ’n “blywende nederlaag toe te dien”, maar bygevoeg dat dit ’n “moeilike stryd” sal wees. Netwerk24/BBC/CNN/The Independent/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie