Aanvaller van Istanboelse nagklub geïdentifiseer
Turkye
Turkse owerhede het die gewapende man geïdentifiseer wat in die vroeë ure van Nuwejaarsdag 39 mense in 'n nagklub in Istanboel doodgeskiet het.
Die Turkse minister van buitelandse sake, Mevlut Cavusoglu, het die inligting in 'n onderhoud aan die Anadolu-nuusagentskap bekend gemaak. Hy het nie die naam van die aanvaller verstrek nie.
Van die 39 mense wat in die aanval in die Reina-nagklub dood is, was 27 buitelanders insluitende burgers van Libanon, Saoedi-Arabië, Israel, Jordanië, Irak, Tunisië en Marokko.
Die Islamitiese Staat-groep (IS) het aanspreeklikheid vir die menseslagting aanvaar – die eerste keer dat dit op 'n aanval in Turkye aanspraak maak.
Sedert hy uit die nagklub ontsnap het, was die aanvaller op die vlug van owerhede. Turkse wetstoepassingsagentskappe het vroeër gesê hulle is op soek na 'n vermeende djihadis uit Sentraal-Asië, na bewering afkomstig van Kirgistan of Oezbekistan.
Volgens die Turkse media het die aanvaller 'n woonstel in die sentrale stad Konja gehuur voordat hy na Istanboel verhuis het om die aanval uit te voer.
Volgens mediaberigte was hy oënskynlik goed opgelei in die gebruik van vuurwapens en het voorheen in Sirië vir die IS geveg.– Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie