Absa kry swart kol by Moodyu2019s
Absa kry swart kol by Moodyu2019s

Absa kry swart kol by Moody’s

Jo-Mare Duddy Booysen
Hanlie Stadler

Suid-Afrika se vyf grootste banke behou hul langtermyn-kredietgradering op twee trappe bo rommelstatus, maar die vooruitsig verander na negatief.
Moody’s Investors Service het Dinsdag laat ’n hele klomp veranderinge aan kredietgraderings en vooruitsigte bekend gemaak. Dit volg op die besluit Vrydag om Suid-Afrika se staatskuld se gradering op twee vlakke bo rommelstatus te hou, maar die vooruitsig na negatief­ te verander.
Dit is standaardpraktyk om dan ook na maatskappye te kyk wie se posisie ’n noue verband het met die staat of met die ekonomie as geheel, insluitende staatsondernemings en banke. Standard Bank, FirstRand (moedermaat­skappy van FNB), Absa, Nedbank en Investec se gradering bly onveranderd op Baa2.
Absa se alleenstaande gradering word verlaag van baa3 tot baa2. Absa se kapitaal- en bateposisie word as swakker as dié van die ander banke beskou.
Dit volg ook op die besluit van Barclays in Brittanje om sy belang van 62,3% in Barclays Africa, wat Absa besit, oor die volgende paar jaar te verminder tot minder as 20%. Die belang is reeds op 4 Mei tot 50,1% verminder toe die Openbare Beleggingskorporasie sy belang in Barclays Africa verhoog het.
Die banke besit heelwat staatseffekte en verskaf lenings aan staatsondernemings, wat beteken hul kredietwaardigheid word aan dié van die nasionale regering gekoppel.
Moody’s sê die banke se finansiële prestasie lyk veerkragtig ondanks trae ekonomiese groei. Hulle sal egter waarskynlik oor die volgende 12 tot 18 maande sukkel met toenemende swak skuld van verbruikers, vandaar die negatiewe vooruitsig.
Die vyf grootste banke besit nagenoeg 90% van die totale bates in die bankstelsel.

Ander graderings
Moody’s het die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) se kredietgradering onveranderd op Baa2 gehou. Dit tel in Acsa se guns dat hy basies ’n monopolie op die bestuur van internasionale lugverkeer in die land het. Regulasies en die maatskappy se blootstelling aan die bykans bankrot Suid-Afrikaanse­ Lugdiens tel teen die maatskappy.
Die Ontwikkelingsbank van Suid-Afrika en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) se alleenstaande kredietgradering is met drie vlakke van ba2 tot baa2 verhoog, maar met ’n negatiewe vooruitsig.
Eskom se graderings, wat op die hoogste rommelvlak is, is reeds vroeër die week onveranderd gelaat, met ’n negatiewe vooruitsig. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!