Adjunk- eerste minister in ongeluk
Hoofredaksie - Die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, was gister in 'n motorongeluk waarin een slagoffer gesterf het.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, waarnemende hoofwoordvoerder van die Namibiese polisie, die polisiekommissaris van die Oshikotostreek, adj.komm. Petrus Shigwedha, en 'n woordvoerder van die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking, het die ongeluk gister teen druktyd bevestig.
Die ongeluk het naby Oshivelo plaasgevind en volgens Shikwambi is Nandi-Ndaitwah beseer, maar nie sy óf Shigwedha kon die presiese aard en omvang van haar beserings bevestig nie.
"Nandi-Ndaitwah is 'fine', maar ek is nie 'n dokter nie en kan dus nie sê of sy ligte of ernstige beserings opgedoen het nie. Sy is pas met 'n lugambulans van Tsumeb af Windhoek toe vervoer," het Shigwedha gisteraand teen druktyd gesê.
Hy het bevestig een persoon in ’n private voertuig wat in die ongeluk met die baie belangrike persone-motorkade betrokke was, is oorlede.
Geen verdere inligting was beskikbaar nie.
Ironies genoeg het Nandi-Ndaitwah al in die verlede gesê sy hou nie van vlieg nie en verkies om per pad te reis.
Sy is by Swapo se kongres in November as visepresident van die party aangewys - die eerste vrou in Swapo se geskiedenis om so ‘n hoë posisie in die party te beklee.
Dít baan die weg vir Nandi-Ndaitwah om, nadat pres. Hage Geingob se termyn as staatshoof verstryk, Namibië se eerste vroulike president te word.
Indien geen ander vroulike presidente elders in Afrika tot dan toe verkies word nie, kan Nandi-Ndaitwah ná Ellen Johnson Sirleaf van Liberië, Afrika se tweede vroulike president in die geskiedenis word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie