• Tuisblad
  • Sake
  • African Bank: Twee vennote van Deloitte aangekla
African Bank: Twee vennote van Deloitte aangekla
African Bank: Twee vennote van Deloitte aangekla

African Bank: Twee vennote van Deloitte aangekla

Die openbare dissiplinêre verhoor oor Deloitte se oudit van Abil, is die grootste saak wat Irba sedert sy ontstaan in 2006 hanteer.
Die Onafhanklike Reguleringsraad van Ouditeure (Irba) in Suid-Afrika het twee vennote van Deloitte van wangedrag aangekla weens African Bank se finansiële state.

Dit hou verband met die finansiële state van die bank en sy beheermaatskappy, African Bank Investments Beperk (Abil).

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het African Bank in Augustus 2014 onder kuratele geplaas nadat sy aandeelprys skerp geval het.

City Press, susterspublikasie van Netwerk24, het die klagstaat van 31 bladsye waarin daar tien klagte is van wangedrag teen Mgcinisihlalo Jordan, adjunk- uitvoerende hoof en ’n vennoot van Deloitte Africa, en een klag teen Danie Crowther, ’n vennoot.

Irba is in 2006 gestig en dit is die eerste keer dat hy ’n openbare verhoor hou.

Business Day het berig die openbare dissiplinêre verhoor oor Deloitte se oudit van Abil, wat Maandag 19 Maart begin het, is die grootste saak wat Irba sedert sy ontstaan in 2006 hanteer.

Shem Syman, Irba se advokaat, het Vrydag aangevoer African Bank se finansiële state het nie die rekenkundige standaard IAS 39 nagekom nie. Dit hou verband met hoe die afskrywing van lenings hanteer word. Syman het gesê African Bank se afskrywings vir agterstallige lenings is onderskat en dit het ’n misleidende indruk oor die stand van die bank se sake geskep.

Volgens hom het Deloitte se vennote afgeteken op ongekwalifiseerde jaarstate terwyl dit gekwalifiseerde jaarstate moes gewees het. Hy meen hulle moes in die ouditverslag ’n kwalifikasie of ’n vrywaring ingesluit het of dit benadruk het dat die jaarstate nie “sonder enige wesenlike wanvoorstellig is nie”.

Die maksimum boete per klagte is R200 000.

Deloitte het vroeër die week uitstel gekry vir al die verhoordatums wat vir Junie en Julie beplan is.

Matthew van der Nest, die advokaat wat Deloitte verteenwoordig, het toe hy vir die uitstel gevra het, gesê dit is die mees komplekse saak wat Irba nog bereg het.

“Mense se loopbane is in gedrang. Die reputasie van individue en die firma s’n is in gedrang.”

Deloitte, Irba en Irba se dissiplinêre komitee het ingestem op vyf verhoordatums vandeesmaand en nog 23 dae van September tot Desember. – Netwerk24/Fin24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!