African Bank weer goed op dreef
'n Beter inkomste uit rente en versekering het tot 'n beter prestasie vir African Bank gelei.
Elvira Wood - African Bank het die eerste voljaar nadat hy weer bedrywighede hervat het, 'n bedryfswins van R1,13 miljard gemaak.
Dit was vir die jaar tot einde September.
Hy het nog nie vergelykende syfers nie, aangesien dit die eerste voljaar van bedrywighede is.
Hy sê wel sy bedryfswins was R379 miljoen in die ses maande tot einde September 2016.
Die styging was veral weens beter inkomste uit rente en versekering.
African Bank Holdings, die bank se beheermaatskappy, het in Junie 'n ooreenkoms met die versekeraar MMI Holdings gesluit waarvolgens hulle verskeie produkte en dienste aan mekaar se kliënte gaan bied.
Die bank is ook baie versigtig hoe hy geld uitleen. Hy sê hy is baie meer konserwatief wanneer dit by risiko kom en het 9% minder lenings, of te wel R7,98 miljard toegestaan as in die ses maande waarmee hy sy syfers mee vergelyk.
“Meer as 80% van nuwe lenings is aan kliënte met 'n laer risikoprofiel toegestaan,” sê hy in die verklaring.
Hy sê hy vaar ook baie beter om geld wat aan hom verskuldig is, in te vorder. Sy kleinhandeltakke vaar ook baie beter.
African Bank se jaarsyfers
Wins na belasting van R178 miljoen teenoor verlies van R1,6 miljard.
Inkomste uit rente na waardevermindering van R1,3 miljard teenoor R548 miljoen in 2016.
Voorskotte aan kliënte van R18,7 miljard teenoor R20,1 miljard.
Beskikbare kontant insluitende oorskot likiditeit wat in Suid-Afrikaanse staatseffekte belê is van R10,14 miljard teenoor R12,86 miljard.
Deposito's het met 148% tot R357 miljoen gestyg.
African Bank sê dit was “van 'n klein basis”.
Die bank sê hy is baie positief oor die toekoms veral met sy digitale bankdienste wat teen middel 2018 beskikbaar sal wees.
Die bank het die afgelope 18 maande verskeie veranderinge ondergaan sedert hy weer op 4 April 2016 met bedrywighede begin het.
Dit volg nadat sy beheermaatskappy, African Bank Holdings, in Augustus 2014 deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank weens sy hoë skuldlas in kuratorskap geplaas is.
Die bank het sedertdien hard gewerk om 'n nuwe blaadjie om te slaan.
Hy het sy heeltydse werknemers tussen April en Augustus vanjaar met 636 mense verminder.
Brian Riley, uitvoerende hoof, het aangekondig hy tree einde Maart uit en sal deur Basani Maluleke opgevolg word.
Sy is sedert Julie 2015 op die direksie van die African Bank-groep. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie