Afrika se enigste vroupresident gaan bedank
Mauritius se pres. Ammenah Gurib-Fakim is glo uitgevang waar sy persoonlike items ter waarde van duisende dollars gekoop het.
Afrika se enigste vrouepresident, Ammenah Gurib-Fakim van Mauritius, gaan bedank, het dié eilandnasie se eerste minister gesê.
Dit volg ná bewerings dat Gurib-Fakim ’n kredietkaart misbruik het wat aan haar gegee is deur ’n liefdadigheidsorganisasie.
Die BBC berig Gurib-Fakim is glo uitgevang waar sy persoonlike items ter waarde van duisende dollars op die kredietkaart gekoop het.
Sy ontken dat sy enigiets verkeerd gedoen het en sê sy het reeds die geld wat sy gebruik het, terugbetaal.
Mauritius se eerste minister Pravind Jugnauth sê Gurib-Fakim het egter ingestem om te bedank voordat daar in die parlement oor haar vervolgbaarheid beredeneer word.
Gurib-Fakim gaan haar pos ontruim ná die land se vieringe van 50 jaar van onafhanklikheid op 12 Maart.
“Die president van die Republiek het aan my gesê dat sy uit haar amp sal bedank en ons het ooreengekom op die datum van haar uittrede,” het Jugnauth volgens CNN aan verslaggewers in die land se hoofstad, Port Louis, gesê.
“Die belange van die land kom eerste.”
Plaaslike media het vroeër vandeesmaand onthul dat Gurib-Fakim die kredietkaart wat in 2016 aan haar gegee is deur die Londonse liefdadigheidsorganisasie Planet Earth Insitute (PEI) gebruik het om klere en luukse items te koop.
Hoewel sy nie ontken het dat sy die items met die kaart gekoop het nie, sê sy die fondse is reeds terugbetaal.
“Ek skuld niemand iets nie. Waarom steek hierdie kwessie nou weer kop uit kort voor ons onafhanklikheidsvieringe?” het sy op 7 Maart aan die Reuters-nuusagentskap gesê.
Gurib-Fakim is ’n welbekende wetenskaplike en vanaf 2015 tot 2017 op die PEI se raad gedien.
Sy het in 2015 die eerste vrou geword om die grootliks seremoniële posisie as president van Mauritius te beklee.
Nóg Gurib-Fakim of die PEI kon onmiddellik vir kommentaar bereik word. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie