• Tuisblad
  • Sport
  • Afrika-stryde in Durban sonder toeskouers beslis
Afrika-stryde in Durban sonder toeskouers beslis
Afrika-stryde in Durban sonder toeskouers beslis

Afrika-stryde in Durban sonder toeskouers beslis

Hokkie
Andrew Poolman
Die Namibiese mans- en vroue­spanne is beide oorgehaal om in Durban die Afrika-kampioenskap teen Botswana en die gasheerland Suid-Afrika te beklink.

Kwalifisering vir die binnenshuise Wêreldbeker is net vir die wenners – een mans- en een vrouespan – op die spel in die wedstryde van môre tot Sondag.

Al die toerspanne het in Durban ­aangekom vir die toernooi wat etlike kere weens Covid-19 uitgestel moes word.

Die vrouespan onder kapteinskap van Maggy Mengo sluit 'n paar nuwelinge in, maar het nietemin ses oorblywende spelers van die vorige binnenshuise Wêreldbeker in Duitsland en bly vasbeslote om beide hul kontinentale titel én hul WB-plek vir volgende jaar te verseker.

By die mans het Suid-Afrika die vorige keer (Swakopmund 2017) as kampioene uit die stryd getree om die volgende jaar in Berlyn te gaan aantree.

Namibië vrouespan: Petro Stoffberg en Berencia Diamond (doelwagters), Magreth Mengo (kaptein), Sunelle Ludwig (onderkaptein), Gillian Hermanus, Duré Boshoff, Azaylee Philander, Danja Meyer, Jivanka Kruger, Taramarie Myburgh, Kaela Schimming, Caitlin Gilles.

Namibië manspan: DJ Strauss (kaptein) en Richter van Rooyen (doelwagters), Ernest Jacobs, Dakota Hansen, David Britz, Nico Neethling, Cody van der Merwe, Liam Hermanus, Owen Hatton, Fagan Hansen, Brynn Cleak, JP Britz.

Hoewel geen toeskouers toe­gelaat word nie, kan regstreekse ­videostroom van elke wedstryd op die YouTube kanaal van Rayder Media, of by https://watch.hockey of ­https://linktr.ee/raydermedia gevolg word.

Die wedstrydskedule:

VRYDAG

09:00 Botswana tn Suid-Afrika (vroue)

10:30 Namibië tn Botswana (mans)

13:00 Namibië tn Botswana (vroue)

14:30 Suid-Afrika tn Botswana (mans)

18:00 Namibië tn Suid-Afrika (vroue)

19:30 Suid-Afrika tn Namibië (mans)



SATERDAG

09:00 Suid-Afrika tn Botswana (vroue)

10:30 Botswana tn Namibië (mans)

13:00 Botswana tn Namibië (vroue)

14:30 Botswana tn Suid-Afrika (mans)

18:00 Suid-Afrika tn Namibië (vroue)

19:30 Namibië tn Suid-Afrika

(mans)



SONDAG

14:00 Vrouefinaal (1 tn 2)

16:00 Mansfinaal (1 tn 2)

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!