Afrikaans blý groot
Die uitdagings wat die Covid-19-pandemie meegebring het, het die Windhoek Woordfees (WWF) in 2020 gedwing om Afrikaans en die liefde vir dié taal op ander maniere te vier.
Sedert 2013 was die WWF die platform van digby 50 skrywersgesprekke, 20 teater- en podiumaanbiedings, 10 filosofiegesprekke en werkwinkels vir kreatiewe skryfwerk.
Die jaar 2020 kan egter uitgesonder word as die jaar wat die WWF-bundel, Land onder woorde, uitgereik is waarin net minder as 80 gedigte en 18 kortverhale van Namibiërs opgeneem is.
Die boek is ook met die Orde van die Beiteltjie vereer, ‘n literêre prys toegeken deur dr. Fanie Marais van Cordis Trust in Suid-Afrika.
“Ek is so trots op ons land se mense. Wat myself betref, was dit ’n ongelooflike voorreg om saam met skrywers en digters te werk wat geloof het in hulself en in die struktuur waarbinne hulle werk. En Namibië het talent,” het dr. Chrisna Beuke-Muir, die stigter van die WWF, gesê.
DIE PAD VIR 2021
Die formaat van die WWF moes verlede jaar aangepas word.
Dit het egter aanleiding gegee tot die herlewing van ’n ou inisiatief: die Sjordé-aanbiedings wat in die tagtigerjare deur prof. Aldo Behrens op die been gebring is. Die eerste Sjordé-aand is in Oktober 2020 aangebied, en die sewende aanbieding het in Mei plaasgevind.
Wat die res van die jaar betref, was daar al sprake ook van opvoerings uit Suid-Afrika wat hier aangebied sou word, maar weens onsekerheid oor Covid-19, is niks tot dusver bevestig nie.
Die Sjordé-programme sal egter definitief maandeliks aangebied word.
“Wat ons vir een van ons programme beplan, is dat u u eie gedigte vir ons instuur, en dat ons na aanleiding daarvan ’n gedigte-sjordé saamstel waartydens skrywers hulle eie gedigte kom voorlees. Skryf solank daaraan. Die Sjordé’s moet júlle s’n word.”
’n Item wat wel vas is, is die eenvrouvertoning Sus van, waarvan die première op 22 Julie in Windhoek plaasvind. Daar sal twee vertonings in Windhoek wees en een op Swakopmund. Daarna sal die toneelstuk nog twee keer in Suid-Afrika opgevoer word.
Dit gaan oor die mitologiese figuur Ismene, die suster van Angtigoné, wat eintlik net gewone dinge wou doen, maar wat vasgevang is in ’n gesin waar heldedade die ultimatum is. Die stuk beskik oor ’n stewige skoot humor en is universeel van aard, want wat in die Griekse mitologie gebeur het, gebeur vandag nog.
’n Jaar of tien gelede is hierdie toneelstuk baie goed op LitNet ontvang toe dit in Namibië en Suid-Afrika op die planke gekom het. Sus van (die oorpronklike drama is getiteld Zus van geskryf deur Lot Vekemans) is deur Beuke-Muir uit Nederlands in Afrikaans vertaal.
“Hou die koerante dop, en bespreek sommer vanaand al julle plekke,” sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie