Afrox maak wins met skikking
Afrox het 'n slotdividend van 56c per aandeel verklaar, wat die jaardividend op 94c te staan bring.
Francois Williams - Die gasverskaffer Afrox – wat ook op die Namibiese aandelebeurs (NSX) genoteer is - het in die boekjaar tot einde Desember stewige wins getoon, met wesensverdienste per aandeel wat met 36% tot R1,89 geklim het.
Afrox se syfers is aangehelp deur die skikkingsbedrag van R165 miljoen wat hy van ArcelorMittal Suid-Afrika ontvang het wat spruit uit 'n hofsaak wat Afrox teen die staalvervaardiger aanhangig gemaak het.
Dié inkomste is aangeteken in sy afdeling vir atmosferiese gasse. Grootmaatverkope het verbeter en het vergoed vir tekorte aan koolsuurgasvoorsiening.
Sy omset uit vloeibare petroleumgas (LPG) was 1,3% laer op R1,797 miljard weens laer markpryse en laer volumes wat uit onbeplande raffinaderysluitings spruit.
In Suid-Afrika is LPG-gebruikers afhanklik van olieraffinaderye se voorsiening van LPG, en die vraag is veral in die winter groter as die aanbod omdat LPG vir verhitting en kosmaak gebruik word.
Afrox en ander verspreiders moet toenemend LPG van oorsee invoer om aan die vraag te voldoen, en tekorte ontstaan gereeld in die winter.
Afrox se afdeling vir hardeware het gesukkel weens die taai handelsomgewing in die mynbou- en staalbedryf.
Bernd Eulitz het in September verlede jaar bedank as voorsitter van Afrox, en die groep het Sue Graham Johnston in sy plek aangestel. Sy is tans besturende direkteur van die Afrika-streek en Brittanje vir die Linde-groep, wat die beheermaatskappy van Afrox is.
Afrox het 'n slotdividend van 56c per aandeel verklaar, wat die jaardividend op 94c te staan bring.
Sy aandeelprys op die JSE en NSX was gisteroggend op R19,74, effe laer as die maandhoogtepunt van R19,99 wat Dinsdag behaal is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie