Agribank se boek groei met 37%
Agribank het in die eerste kwartaal vanjaar N$84,4 miljoen se lenings goegekeur, wat ’n groei van 37% in dié bank se leningsboek verteenwoordig.
Altesaam N$10,5 miljoen hiervan is as droogteverligting toegeken, terwyl N$31,1 miljoen se lenings vir die aankoop van grond goedgekeur is.
Die bank sê in sy kwartaalverslag van die N$91 miljoen wat verlede jaar bewillig is as finansiering aan boere om hulle deur die droogte te sien, is net N$10,5 miljoen se lenings goedgekeur – meestal vir die oprigting van waterinfrastruktuur en produksielenings. Dié hulp was beskikbaar teen ’n leningskoers van 2% vir kommunale boere en 4% vir kommersiële boere.
Amb. Leonard Iipumbu, uitvoerende hoof van Agribank, sê die trae opneem van die leningsaanbod is vanweë boere se vrees om te diep in die skuld te beland, asook die eis vir sekuriteit wat deur die bank gestel word.
Hy meen egter dit is jammer dat veral boere wat agterstallig is met hulle betalings, nie die voordele van hierdie hulpmaatreëls benut het nie deur byvoorbeeld vir ’n betalingsvakansie aansoek te doen of te vra dat die agterstallige skuld “omhein” word (ring-fencing of arrears).
Hy sê die groot getalle vee wat noodgewonge in die laaste twee kwartale van verlede jaar bemark is, het tot lae voorraadvlakke gelei. Die bank se goeie groei in die eerste kwartaal vanjaar, word direk hieraan toegeskryf.
Die vraag na produksielenings het met 151% toegeneem, terwyl die bank ’n styging van 1 059% in lening vir die aankoop van plaasvoertuie beleef het. Lenings vir die koop van implemente het met 306% gestyg en dié vir verbeterings met 158%. Lenings vir die aankoop van lewende hawe, het met 16% gedaal.
Daarteenoor het die leningsboek vir die aankoop van plase van N$16,6 miljoen in die eerste kwartaal verlede jaar tot N$31,1 miljoen vanjaar gestyg, wat ’n groei van 87% verteenwoordig.
Vyf plaastransaksies is vir hierdie bedrag beklink.
Net 37% van aansoeke vir die finansiering van plaasaankope is goedgekeur, met net een daarvan (N$9,9 miljoen) wat onder die regstellende aksie leningskema goedgekeur is.
Iipumbu sê altesaam 233 boere het by die lenings gebaat, en 699 permanente en 1 398 tydelike werkgeleenthede is daardeur geskep of behou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie