AgriBusDev-baas dood gevind
AgriBusDev-baas dood gevind

AgriBusDev-baas dood gevind

Die polisie sê die motief vir die klaarblyklike selfdood is onbekend, maar hul ondersoek duur voort.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Die polisie vermoed geen vuilspel in die dood van mnr. Petrus Uugwanga (47), geskorste besturende direkteur van die landbousake-ontwikkelingsagentskap AgriBusDev, nie.

Volgens ’n polisieverslag is Uugwanga se liggaam Woensdag omstreeks 14:22 langs die Matshishi-pad in Otjomuise gevind.

“Na bewering het die oorledene selfdood gepleeg deur homself met ’n haelgeweer in die bors te skiet. ’n Haelgeweer is gevind waar dit enkele meter van die liggaam gelê het,” lui ’n verslag wat Woensdag deur adj.komm. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder, uitgereik is.

“Die motief vir sy dood is onbekend en geen selfmoordbrief is gevind nie,” het sy gesê en bygevoeg dat ’n polisieondersoek van stapel gestuur is.

Volgens die polisie het die oorledene langs ’n grys Amarok-bakkie gelê, wat in Uugwanga se naam geregistreer is. Uugwanga was ’n inwoner van Khomasdal. Sy naasbestaandes is oor sy dood ingelig.

AGENTSKAP BRAND VAS

Republikein het in Junie berig dat Uugwanga by AgriBusDev geskors is.

Die skorsing is deur die voorsitter van die AgriBusDev-raad, me. Sophia Kasheeta, in ’n mediaverklaring bekendgemaak. “Die skorsing sal die pad uitlê vir ongehinderde ondersoeke teen die besturende direkteur,” het sy bygevoeg.

Kasheeta wou nie aan Republikein bekendmaak waarvoor Uugwanga ondersoek sou word nie, maar het gesê ’n onafhanklike derde party sou die ondersoek hanteer en dat die media van die resultate in kennis gestel sou word, sodra dit beskikbaar is.

Kasheeta het gesê die raad het die ministeries van landbou, water en grondhervorming asook van openbare ondernemings in verband hiermee geraadpleeg.

AgriBusDev was in daardie stadium in die nuus nadat Uugwanga aan Nampa gesê het die agentskap het nie genoeg geld om die salarisse van werkers op die regering se Groenskemas te betaal nie.

AgriBusDev het ’n lang geskiedenis van mediaberigte oor sy stryd om sy nagenoeg 130 werknemers te betaal.

Die agentskap is in beheer van nasionale groenskemas, maar moes noodgedwonge weens finansiële druk van dié skemas aan private vennote verhuur. AgriBusDev skuld verskeie partye glo ook miljoene.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!