Agt medaljes 'n goeie oes vir Canjulo
Agt medaljes 'n goeie oes vir Canjulo

Agt medaljes 'n goeie oes vir Canjulo

Die nuwe Afrika-ouderdomsrekord in die 400 meter vryslag behoort aan die Namibiese tiener.
Tielman van Lill
Tielman van Lill - Met sy twee goue, twee silwer- en vier bronsmedaljes het José Canjulo eiehandig sy land algeheel derde ná Suid-Afrika (77 medaljes) en Egipte (73) by die 13de Junior Afrika-langbadkampioenskap geplaas.

Namibië het die naweek sy aanslag in die 50 meter swembad in Tunisië met agt medaljes afgesluit, waar Canjulo soos 'n stoomtrein op dreef was om die kollig vir Namibië te steel.

Die 16-jarige Hannah Murphy, Trisha Mutumbulua (15), Mikah Burger (15), Mackenzie Späth (14), Maya Stange (14) en José Canjulo (13) het vir die laaste keer by die CANA-kampioenskap by die Salle Omnisport de Radès-sportsentrum 'n draai gaan maak.

Canjulo het verlede week 'n uitstekende tweede en derde plek in die 200 meter wisselslag en die 200 vryslag behaal.

Maar dit was het einde niet vir Canjulo wat met sy fantastiese peil agt Namibiese rekords in die ­ouderdomsgroep 13 tot 14 jaar laat spat het.

Persoonlike beste tye is ook deur Hannah Murphy (16 jaar), Canjulo en Trisha Mutumbulua (15) aangeteken. Murphy behaal 'n tyd van 2 minute 32. 97 sekondes in die 200 vryslag, Canjulo 2:00.58 in die 200 vryslag en Mutumbulua 'n puik 2:26.32 in die 200 vryslag.

Die span is deur Jane Samson (afrigter) en Amanda Burger (spanbestuurder) na Tunis vergesel.

Die Namibiese ouderdomsrekords wat Canjulo verbeter het (met die vorige rekord aangedui):

50 vryslag: 25.56, tevore 25.69, Nicolai Flemming (25/04/2013).

100 vryslag: 55.62, tevore 55.99, Nicolai Flemming (17/03/2013).

200 vryslag: 2:00.58, tevore 2:03.37, José Canjulo (16/02/2019).

400 vryslag: 4:14.45 (Afrika-ouderdomsrekord), tevore 4:19.73, José Canjulo (20/03/2019).

50 rugslag: 28.67, tevore 28.82, Mikah Burger (20/03/2019).

100 rugslag: 1:01.47, tevore 1:02.68, Nicolai Flemming (16/03/2013).

100 vlinderslag: 59.73, tevore 1:00.11, Mikah Burger (20/03/2019).

200 individuele wisselslag: 2:14.67 (nuwe 2:13.82) José Canjulo (20/03/2019).

Die uitslae van Canjulo se finale:

Goud

50 rugslag: José Canjulo (28.67 s), 2 Kieran Grant (RSA, 28.80),

3 Mohamed Hany (Egipte, 29.00).

400 vryslag: José Canjulo (4:14.45),

2 Jaouedi Ahmed (Egipte, 4:14.83),

3 Mohamed Yasser (Egipte, 4:15.84).



Silwer

100 rugslag: 1 Mohamed Hany (Egipte, 1:00.77), 2 José Canjulo (1:01.47), 3 Kieran Grant (RSA, 1:02.18).

200 individuele wisselslag: 1 Kian Keylock (RSA, 2:11.99), 2 José Canjulo (2:13.82), 3 Ben Miled Ben Hassan (Tunisië, 2:18.13).



Brons

100 vlinderslag: 1 Nadim Karam (Egipte, 58.65), 2 Mohamed Yasser (Egipte, 58.71), 3 José Canjulo (59.73).

50 vryslag: 1 Ahmed Wael (Egipte, 24.97), 2 Nadim Karam (Egipte, 25.01), 3 José Canjulo (25.56).

100 vryslag: 1 Nadim Karam (Egipte, 53.87), 2 Ahmed Wael (Egipte, 54.75), 3 José Canjulo (55.62).

200 vryslag: 1 Kian Keylock (RSA, 2:00.00), 2 Mohamed Yasser (Egipte, 2:00.17) 3 José Canjulo (2:02.03).

• Die Namibiërs het laasweek as 'n gemengde span asook meisiespan aan die 400 vryslag- en wisselslagaflosse meegeding.

In die individuele items het die vier meisies en twee seuns in afstande oor 50, 100, 200 en 400 m die water in die borsslag, rugslag, vlinderslag, vryslag en wisselslag gekook.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!