Ahrens sprei vlerke

Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg - Die Namibiese musikant Vaughn Ahrens is tans in Europa waar hy in onder meer Nederland en Duitsland optree.

Kollig het met hom gesels oor sy ervaringe tot dusver en hoe die lewe daar met dié in Namibië verskil.

“Ons is tans in Amsterdam waar ons ons tweede show gespeel het. Ons het onlangs in ‘n klein dorpie met die naam Bendorf opgetree. Die mense is baie cool en klap nogal hande na elke liedjie,” sê die NAMAs-wenner.

“Almal waardeer dit dat ons van so ver gekom het om ons musiek hier te kom speel.”

Europa is heeltemal anders as waaraan hy gewoond is, sê Vaughn, en hy sukkel veral met die ryery.

“Europa is flippen nat, maar die ergste is om hier te bestuur. Hier ry hulle aan die verkeerde kant (regterkant) van die pad.”

Dit het soms konsternasie veroorsaak.

“Dis veral 'n uitdaging om in die aand in Amsterdam te bestuur. Hier het hulle verskillende bane wat vir ‘n spesifieke vorm van vervoer toegewys is. ‘n Mens moet die heeltyd kop hou.”

Een spesifieke voorval staan uit. Dit het gereën die aand en Vaughn en sy kitaarspeler en jarelange vriend, Jonny Wenk, het per ongeluk in die aankomende verkeer beland.

“Dis was chaos. Ons het maar net gesê ons is nie van hier nie, en ons is baie jammer. Die mense verstaan darem.”

Een van die shows waaroor Vaughn die meeste opgewonde is, is die een wat môre plaasvind by ‘n beroemde venue wat al internasionale kunstenaars gelok het.

“Ons hoofgeleentheid is by Cafe Tante Miesche in Kettig in Duitsland. Die vrou wat die plek bestuur, woon op die perseel en het al ons bemarking gedoen. En tot ons verbassing is die show byna uitverkoop.”

Kettig is Vaughn en Jonny se “hoofkwartier” tydens die toer.

Hoewel die hoofdoel van die Europese toer nie noodwendig was om nog optreegeleenthede te kry nie, sê Vaughn daar is wel belangstelling in nog shows.

“Tydens die paar shows nou het ons reeds ander venues en gigs geboek. Dit beteken ons kan volgende jaar ‘n groter en langer toer doen.”

Soos die lewe nou maar is, is alles nie altyd maanskyn en rose nie: Jonny bly in Europa agter. “Jonny gaan nou permanent in Hamburg, Duitsland, woon.”

Uiteraard het die nuus as ‘n skok vir Vaughn gekom, maar hy is bly vir sy musiekmaat.

“Ek gun hom die geleentheid. Hy is ‘n great musikant, mens en ‘n ware vriend. Ek kan nie anders as om gelukkig vir sy onthalwe te wees nie.”

Vaughn se toer kom binnekort tot einde, met net 'n paar optredes oor.

“Dis al amper weer tyd om huis toe te kom, maar Europa was fassinerend.”

Hou Vaughn Ahrens op sosiale media dop vir plaaslike vertonings tydens die feesseisoen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!