Air Nam: Kabinet soek plan
Moontlike maniere om Air Namibia te red, word in opdrag van ’n kabinetskomitee ondersoek.
Ronelle Rademeyer - Die kabinetskomitee op tesourie het opdrag gegee reddingsvoorstelle moet vir die bloeiende Air Namibia met sy reuseskuldlas ondersoek word nadat ’n voorstel om die redery toe te maak, nie aanvaar is nie.
Mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings (SOE’s), het gister só gereageer op ’n vraag of die sluiting van die bankrot redery as voorstel op die tafel was:
“Die voorstel het gehandel oor die volhoubaarheid van Air Namibia en om opsies te oorweeg om die situasie te beredder. Die komitee het ons nou opdrag gegee om al die verskillende opsies te ondersoek en dan terug te kom met voorstelle.
“Die stand van sake is onsettend ingewikkeld en verg ’n weldeurdagte benadering om die beste moontlike gevolg te verseker,” sê Jooste.
Mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, het aan Republikein gesê “die bloeding by Air Namibia is baie erg” en die moontlikheid om Air Namibia toe te maak, is bespreek.
Hy het gesê Jooste is as die minister verantwoordelik vir SOE’s “beter geplaas om vrae hieroor te antwoord”.
“Ek is ook deel van daardie kabinetskomitee en ek verskuif nie my verantwoordelikhede nie, maar my goeie vriend mnr. Jooste en mnr. (Calle) Schlettwein (minister van finansies) is meer op hoogte,” het hy gesê.
Jooste het per WhatsApp gesê “die kontantvloei is onder geweldige druk as gevolg van verskeie vliegtuie wat tans gediens word en dit veroorsaak gepaardgaande komplikasies”.
“Ons gee al ons aandag aan Air Namibia en sal die publiek op hoogte hou,” het hy gesê.
Die nasionale redery met sy vloot van 10 vliegtuie is operasioneel tot so ’n mate deur sy skuld lamgelê dat hy van 3 Junie af die vlugte op sy streekroetes drasties moes verminder.
Dit was nodig omdat net een van die vier Airbus A319-vliegtuie in sy vloot tans in gebruik is.
Twee ondergaan diepgaande roetine-onderhoudswerk by South African Airways Technical (SAAT) in Suid-Afrika en die ander een is vir soortgelyke onderhoudswerk in Siprus, waarna dit na SAAT moet gaan vir ’n enjinvervanging.
Die inligting is vervat in ’n brief wat mnr. Xavier Masule, waarnemende uitvoerende hoof van Air Namibia, aan die uitvoerende direkteur van werke en vervoer, mnr. Willem Goeieman, gestuur het.
Die maatskappy in Siprus sou egter nie die vliegtuig vrystel voor ‘n betaling van N$5,1 miljoen nie gemaak is nie.
Verder sal SAAT ook nie die vliegtuie wat hy diens aan Air Namibia terugbesorg voor ’n betaling van N$20 miljoen en ’n terugbetalingsooreenkoms vir die res van die skuld nie gemaak is nie, sê Masule in sy brief.
N$19 miljoen is reeds in April aan SAAT betaal en ’n verdere N$6,9 miljoen sou teen 31 Mei betaal word.
KANSELLASIES
Vlugte op die Windhoek-Luanda-roete is gekanselleer, terwyl die drie daaglikse vlugte tussen Windhoek en Johannesburg tot net een verminder is. Die een daaglikse vlug word deur die veel duurder en ekonomies meer ondoeltreffende Airbus A330-300 bedryf.
Tussen Kaapstad en Windhoek is net twee pleks van die drie daaglikse vlugte beskikbaar – ’n direkte vlug met ’n Embraer ERJ en een via Walvisbaai met die enigste oorblywende Airbus A319.
Herstelwerk
Ontwrigte passasiers blaas die afgelope tyd op verskeie sosialemediaplatforms stoom af oor die ontwrigting van hul reisplanne weens noodmaatreëls.
’n Passasier, wat enkele dae gelede uit Johannesburg Windhoek toe gevlieg het op die Airbus A330-300, sê die vliegtuig was net sowat een derde vol.
Dit kan meer as 300 passasiers vat.
Verder is opstyging vertraag omdat die maatskappy wat spyseniersdienste verskaf, nie betaal is nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie